Clico Boutique Hotel
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 27 Sturdee Avenue, Rosebank, Johannesburg, 2196, Gauteng
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Clico Boutique Hotel is perfek geleë in die luukse woonbuurt, Rosebank in Johannesburg. Die buurt is bekend vir sy luukse winkelsentrums, naglewe, kafees, kroeë en klubs. Clico Boutique Hotel is ingerig vir sakereisigers op soek na luukse verblyf en vakansiegangers wat die fynere dinge in die lewe geniet.
Verblyf word gebied in 5 standaard kamers en 3 superior kamers. Die eenhede bied slaapplek vir altesaam 16 gaste. Al die kamers is pragtig ingerig met gemaklike ekstra lang beddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad of albei, 'n kroegie, spieëltafel, lugversorging, ondervloerse verhitting en 'n TV.
Geriewe op hierdie rolstoelvriendelike perseel sluit 'n buite-swembad, restaurant, rolstoelvriendelike geriewe, konferensiegeriewe, gratis WiFi en veilige parkeerplek in.
Clico Restaurant is oop aan die publiek. Gaste én besoekers van buite kan ons Europese geregte kom geniet met fynproewerspyskaarte wat maandeliks verander.
Clico se funksiegeriewe is uniek en divers, en ideaal vir kleiner, meer intieme geleenthede. Die lokaal kan tot 50 gaste akkommodeer, terwyl die restaurant sitplek vir 48 gaste het.
Die hotel is ideaal geleë net 900 m van die Rosebank Gautreinstasie af, naby sakekerns soos Sandton (5 min. per trein) en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe (30 minute se ry).
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Promise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 27 Sturdee Avenue, Rosebank, Johannesburg, 2196, Gauteng
- Gaste dink Clico Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 27 Sturdee Avenue, Rosebank, Johannesburg, 2196, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang