Successfully reported
+83

Cliff Haven

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 194 Oceanview drive, Struisbaai, 7285-Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 485 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cliff Haven is in die kusdorpie Struisbaai geleë en bied luukse oornagverblyf in 'n selfsorg-gastehuis. Gaste kan tussen 3 ateljeewoonstelle kies wat elk 'n see-uitsig en lugversorging het. Daar is ook 'n ruim woonstel met 'n stoep en 'n tuin-uitsig. Die gastehuis het 'n omsetter en batterystelsel wat tydens kragonderbrekings inskop.

Daar is 3 stylvolle ateljees. Elke ateljee het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, induksieplaat, broodrooster, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Elke ateljee het ook lugversorging, 'n klein etenstafel met stoele en 'n platskerm-TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die luukse selfsorgwoonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer se en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en daar is 'n etenstafel met stoele. Die leefarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Skuifdeure lei na 'n ingeslote stoep met braaigeriewe, buitemeubels en 'n tuin. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Barbara F
5.0
Beyond expectations! Bouwina was a gracious and wonderful hostess and her attention to detail is incredible. The room was pristine and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Louwrane K
Saam met lewensmaat
5.0
Was very pleasant and welcoming. Very grand place. This is an exceptional beautiful accommodation. Room lovely with sea view. Very neat...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Martie K
Saam met lewensmaat
5.0
Top klas verblyf van begin tot einde. Ons verblyf by Cliff Haven was onvergeetlik. Die gasvrou het ons baie welkom laat voel en selfs gesorg vir versn...
Sien meer
Okt 2025
André C
Saam met lewensmaat
5.0
Alles was net perfek, van die aankoms tot die vertrek. Ons het ongelooflik lekker gebly.
Sep 2025
Pieter V
5.0
Uit die boonste rakke. Die beste akkommodasie te vind in die hele ruensveld (Struisbaai/Agulhas).
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Bouwina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 194 Oceanview drive, Struisbaai, 7285-Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cliff Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 485
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 485
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 485
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 194 Oceanview drive, Struisbaai, 7285-Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ac3eedc9b05c2c681d37f05621d3e71fe724ea88a344b8379059788f068fceca743460ab83ca0163874f93a2f25b042e58b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 485 per nag (plek vir 2) 47 5 1 5 194 Oceanview drive Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.812913 20.029256

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang