Successfully reported
+15

Close and Comfy

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 70 Villiers Road, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Vanaf R710 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Close and Comfy is 'n gastehuis wat deur die eienaars bestuur word in Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth). Die blyplek is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek naby verskeie geriewe en besienswaardighede.

'n Rugsteunkragstelsel wat met sonkrag en batterye werk voorsien elektrisiteit tydens beurtkrag.

Die verblyf by Close and Comfy word in 3 soortgelyke kamers aangebied. Elke kamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Elke kamer het 'n yskassie, eetgerei en breekware. 'n Mandjie met tuisgemaakte beskuit, 'n lekkertjie, vrugte en botteltjies fonteinwater word elke dag voorsien.

Verder is daar gratis onbeperkte WiFi, 'n dakwaaier, 'n kluis in kamers 1 en 2, koffie- en teemaakgeriewe en ander luukse geriewe in die kamers beskikbaar. Veilige parkeerplek agter afstandbeheerhekke word voorsien.

Die leefarea gee gaste toegang tot 'n sitkamer, eetkamer en kombuisie wat met ander gaste gedeel word. Daar is selfsorggeriewe soos 'n mikrogolf, induksiekoker, broodrooster en eetgerei. 'n Stoomyster is beskikbaar indien nodig. 'n Eerlikheidsboksie met basiese toiletware is ook beskikbaar.

Daar is ook 2 opblaasmatrasse.

Close and Comfy is net 5 minute van die lughawe, winkels en restaurante af. Die gastehuis is ook net 10 minute se ry van die hawe, St George's Park, St George's Hospitaal, Little Walmer Gholfbaan en die middestad af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 112 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Belinda D
5.0
Fantasties, my nuwe go to gastehuis. Dit was 'n wonderlike tyd, soos altyd, baie dankie.
Okt 2025
Vereen P
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Couldn't have chosen a better place. Will definitely be going back there. Home away from home. The host is so friendly and i...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Belinda D
Saam met vriende
5.0
Amazing time gehad. Ons het 'n fantastiese tyd gehad, veilig, netjies en vriendelike diens. Baie dankie!
Jul 2025
Marthinus K
5.0
Lekker geslaap. Baie gerieflik en netjies en naby alles.
Jun 2025
Belinda D
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut fantasties en reeds weer bespreek vir nog 'n besoek. Ons verblyf was skoon, gerieflik, stil en regtig vriendelike diens, baie dankie.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 112

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 70 Villiers Road, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Close and Comfy het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 710
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 710
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 710
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 70 Villiers Road, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE5MTI0Zjk2LWJkYTQtNGY3MS1iNTBjLWIwNjFjNzViM2Q0NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R710 per nag (plek vir 2) 112 5 1 5 70 Villiers Road Walmer 6070 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.976379815919 25.604188338623

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang