Successfully reported
+25

Columbia

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4A Edmead Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Columbia bied heerlike oornag-vakansieverblyf met privaat ingange op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Oudtshoorn geleë is. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf 'n paartjie óf 'n klein gesin wat die gewilde area wil besoek.

Dié eiendom bied twee eenhede met slaapplek vir 3 waarvan die een 'n oopplan-ateljee is en die ander 'n aparte slaapkamer het. Die oopplan-eenheid is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelslaapbank vir kinders, terwyl die tweede eenheid 'n koninggrootte-bed en 'n driekwartbed het. Albei eenhede het hul eie badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Albei eenhede beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n lugbraaier, elektriese braaipan, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Eenheid 2 het 'n sitkamer en albei eenhede het 'n etenstafel en 'n slim-TV met Netflix. Komplimentêre WiFi is beskikbaar op die perseel.

Alle gaste het volle toegang tot die braaigeriewe op die perseel. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 2 km vanaf die middedorp en net 'n entjie vanaf plaaslike doendinge soos die Kangogrotte, wildritte, volstruisplase, museums, wynplase asook voetslaan- en bergfietsryroetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mariechen D
5.0
Salig, gemaklik en snoesig. Dit was een van die beste plekkies wat ek al ooit bespreek het, die eenheid is uitgerus met alles wat mens nodig het en na...
Sien meer
Apr 2025
Melissa W
Gesin met klein kinders
5.0
Dadelijk welkom gevoel! Vriendelike diens! Veilige verblyf met baie vriendelike eienaars!
Mrt 2025
Louis K
Saam met lewensmaat
5.0
'n Onvergeetlike ervaring. Hoogs aan te beveel. Sal vir seker weer teruggaan. Ons het onlangs die voorreg gehad om by Columbia te bly, en kan nie geno...
Sien meer
Okt 2024
Anelle R
5.0
Ek sien reeds uit na my volgende besoek. My verblyf by Columbia was soveel meer as wat ek verwag het. Pragtige tuin, veilige parkering, vriendelike ve...
Sien meer
Aug 2024
Renier D
Gesin met tieners
5.0
Netjiese huis wat baie goed toegerus is. Louis en Natasha het ons tuis laat voel. Pragtige huisie, rustig met vriendelike eienaars.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 4A Edmead Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Columbia het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4A Edmead Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc50b468842680c825708233d6b183a9fea043139bd3de62a29f09162ebd29564b9185ea9defd87f61c71e563af204cc35ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 4A Edmead Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.582036602256 22.194790234289
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang