Successfully reported
+23

Crimson Bush Lodge

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dewagendrift Farm, Portion 6, Welgevonden, Dinokeng Game Reserve, 9440, Gauteng
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Crimson Bush Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat en is slegs 40 km vanaf Pretoria. Die reservaat spog met die Groot Vyf en is ideaal vir natuurliefhebbers.

Dié lodge beskik oor 2 chalets waarvan een slaapplek vir 4 gaste het en die tweede chalet het 8 aparte suites met slaapplek vir 2 in elk. Die eenhede het lugversorging en privaat en suite-badkamers. Die lodge is die ideale wegbreek vir paartjies of gesinne wat van die stad se gejaag wil ontsnap.

Chalet 1 beskik oor 2 slaapkamers wat elk ekstra-lang koninggrootte-beddens het wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n opelug spabad.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-kanale. 'n Daaglikse skoonmaakdiens , swembad en braaigeriewe is ingesluit.

Chalet 2 is 'n losstaande eenheid en beskik oor 8 suites met elk 'n ekstra-lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke suite het 'n en suite-badkamer, toilet en 'n wasbak. Vier van die suites het 'n patio met 'n uitsig oor die watergat.

Suites 7 tot 10 is deel van die Private Collection-kamers wat ook elk ekstra-lang koninggrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Die eenhede is ten volle privaat en ideaal vir gaste wat op soek is na afgeleë verblyf. Die kamers he t'n patio en 'n privaat binnehof met 'n buitestort met koue water.

Elke suite het 'n kombuis met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Verder is daar ook 'n TV met DStv en 'n patio me t'n ingeboude braai. Hierdie suites word daagliks skoongemaak.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Christel B
Saam met vriende
5.0
Lieflik en rustig! Ek het dit ongelooflik geniet!
Jul 2025
Ilze S
Gesin met tieners
5.0
Alles wat jy nodig het vir 'n vinnige blaas kansie. Baie lekker gebly, sal graag in die toekoms in daardie pragtige private luxury tent wil woon!
Jul 2025
Irene S
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Baie lekker daar gebly. Die staff is baie vriendelik en behulpsaam. Was heerlik!
Jul 2025
Natalie V
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome, baie lekker gekuier. Ons kuier was heerlik, sal beslis weer kom. Sipho is 'n juweel!
Jun 2025
Mercia R
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier, Johan en personeel is baie vriendelik en hulpvaardig. Heerlike kuier plekkie.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 80

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Dewagendrift Farm, Portion 6, Welgevonden, Dinokeng Game Reserve, 9440, Gauteng
  • Gaste dink Crimson Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dewagendrift Farm, Portion 6, Welgevonden, Dinokeng Game Reserve, 9440, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef7f1110c56711730e80fb462a621985953c85d69f6b6209c2ae1c44894a1500405525c67f7def191582c396e7c59f084b88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 80 5 1 5 Dewagendrift Farm, Portion 6 Welgevonden 9440 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.351362 28.378672833333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang