Crooked Tree Cottage
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Hilken Drive, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Crooked Tree Cottage is in die hartjie van Umhlanga in Durban. Dit is 'n vername vakansiebestemming en toeriste-aantrekking in Suid-Afrika. Dit is boonop net 'n klipgooi van Umhlanga Village af met sy goue sandstrande.
Verblyf word gebied in 3 gastekamers in 'n kothuis, en 3 aparte selfsorg ateljee-suites. Elke kamer en suite het 'n en suite-badkamer, 'n TV met OVHD, Netflix en Youtube, gratis WiFi, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër. Die ateljee-suites het 'n kombuisie wat met 'n yskassie of yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n induksie-tweeplaatstoof toegerus is.
Indien die gaste se kamers saam bespreek word as een kothuis, het die kothuis ook 'n kombuis wat goed toegerus is en 'n ruim eetarea en sitarea wat lei na 'n balkon met see-uitsigte. Daar is 'n dek met sitplek by die ingang na die kothuis waar braaigeriewe ook beskikbaar gestel kan word op versoek. Alle gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad.
Crooked Tree Cottage is die ideale selfsorgvakansiebestemming gedurende die spitsseisoen, maar dit is ook ideaal as 'n oornagplek vir gaste op 'n kort wegbreek of sakereis. Die see-uitsigte vanaf die balkonne is manjifiek en die voëllewe is iets om te aanskou. Blouapies is daaglikse besoekers en wolnekooievaars kuier gereeld in die boomtakke.
Oceans Mall is net 1 km ver die Gateway Theatre of Shopping is net 2 km ver en Durban se middestad en die ICC is ook net 17 km se ry weg. Umhlanga se nuwe middedorp en die La Lucia Ridge-kantoorpark is naby. Die eenhede is ook naby die M4 en N2 wat toegang tot Durban en die res van KZN vergemaklik.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 16 jaar
Ligging
- 39 Hilken Drive, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Crooked Tree Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Hilken Drive, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang