Dalton's
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 7 Aug 2025 tot 12 Des 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 60 Casos Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 763R4 509 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Dalton's is 'n pragtige vakansiehuis geleë in die hartjie van Calypso Beach, Langebaan en is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie of 'n groep vriende wat 'n rustige wegbreek wil hê aangesien dit stapafstand vanaf die strand is.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 6 volwassenes en 4 kinders op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Daar is 4 slaapkamers wat met 'n koningingrootte-bed ingerig is en daar is 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Al die badkamers is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Een van die slaapkamers is in 'n aparte woonstel met sy eie braai-area geleë.
Die hoofleefarea beskik oor 'n kombuis, sitkamer en eetarea met 'n binnebraai. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook in die aparte opwaskamer beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale.
Deur die stapeldeure is daar 'n patio met 'n ingeboude braai asook 'n swembad wat 'n ideale plek is vir die gesin om tyd saam te geniet.
Die huis is ook toegerus met 'n sonkragstelsel en omskakelaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 63
Resensies 345
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 60 Casos Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Dalton's het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 60 Casos Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang