Successfully reported
+29

Dasklip

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 7 Aug 2025 tot 12 Des 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Flamingo Street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 123 R2 749 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Dasklip, is 'n ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Langebaan. Dit kan 'n goeie opsie vir 'n groep vriende wees, want dit spog met 'n vermaakarea en is stapafstand vanaf die strand geleë.

Dié eiendom het slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, 2 oonde, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyttafel. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n lieflike lugversorgde onthaalarea met 'n pooltafel, 'n kroeg, oorgenoeg gemaklike sitplek, 'n ingeboude braai en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Dié huis het 'n tweede sitkamer met 'n kaggel en 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Albei hierdie areas maak oop op 'n sonnige patio met sitplek buite wat 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie. Gaste kry veilige parkeerplek van die straat af op die perseel.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
3.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 63

Resensies 345

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 8 Flamingo Street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dasklip het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 123
R 4 123 R 2 749
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R4 123
R 4 123 R 2 749
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 123
R 4 123 R 2 749
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Flamingo Street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde2d445b81f043de9c7caffed2aaa2baa2fbe4b45be6d7fbd7d1f993b506ba286002d0ef9a28904295b65b55edca94fb5bc4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 123 nouVanaf R2 749 per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 8 Flamingo Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.09633486594 18.032775624676
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang