Successfully reported
+47

De Branders Woonstel No 58

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off Paardekraal Avenue, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

De Branders Woonstel No 58 bied verblyf in 'n seefront-woonstel aan 5 gaste met 'n 180°-uitsig oor die see.

Die dubbelverdiepingwoonstel is op die derde verdieping en kan via trappe of 'n hysbak bereik word. Die eenheid lei na 'n stoep met 'n see-uitsig. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.

Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en gebruik 'n tweede badkamer wat 'n stort, bad en 'n toilet het. Een stel beddegoed en 'n gastehanddoek word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe en kookgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër.

Die sitarea het 'n TV met DStv en die leefarea lei na 'n bedekte stoep met 'n ingeboude braai-area en 'n lieflike see-uitsig.

Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad vir kinders en vir volwassenes. Daar is wasgoedgeriewe met wasmasjiene en tuimeldroërs. Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en 'n waentjie. Ongelukkig word matriek- en studentbesprekings nie toegelaat nie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die eenheid is 500 m vanaf die Hartenbos Seefront en Pretpark en 600 m vanaf die ATKV-amfiteater.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Callie V
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, gerieflik, goed toegerus, pragtige see-uitsig! Skitterende gasvrou! Absoluut heerlik gebly. Gasvrou het uit haar pad gegaan om ons welkom en tu...
Sien meer
Okt 2025
André D
5.0
Geen probleme ondervind. Gasheer is van hoogstaande gehalte. Baie lekker gebly. Uitstekende ligging en loopafstand van die meeste plekke.
Aug 2025
Pieter G
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld en baie netjies. Was heerlik en rustig. Baie sentraal en die eenheid is baie netjies en skoon.
Jun 2025
Ryall D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Baie lekker gebly en goed toegerus.
Jun 2025
Raynard B
Gesin met klein kinders
5.0
Goed uitgerus, lekker plek om weg te breek vanuit die besige dorpe. Baie lekker gekuier by De Branders 58, vriendelike eienaars en goed toegeruste woo...
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Off Paardekraal Avenue, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Branders Woonstel No 58 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off Paardekraal Avenue, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0aee3d4520c5ef2a3255250c88f85b038774e2d0aa6287d252ddffb8db00e0eceb2922b3cb0bac2238d99732e0be04c22b93?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 5) 59 5 1 5 Off Paardekraal Avenue De Branders Woonstel 58 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123693460313 22.11965739727

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang