Successfully reported
+10

De Doornkraal Vinotel

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 8 Lower Long Street, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

De Doornkraal Vinotel is 'n bekoorlike boetiekhotel op die Tuinroete in Riversdale in die Wes-Kaap. Dit word omring deur die argitektoniese prag van die ou opstalle aan die onderkant van Langstraat. Die De Doornkraal Vinotel se wingerd strek tot by die Vetterivier op die randjie van die dorp. Die historiese De Doornkraal Country House, die hoofwoning van die hierdie boetiekhotel, is een van die oorspronklike strukture op die plaas wat in 1746 geproklameer is.

De Doornkraal Vinotel is eko-vriendelik en gebruik sonkragverhitte water. Al ons kamers is en suite. Internet is gratis. Gaste kan die diens van 2 privaat sitkamers geniet. Twee kothuise met sitkamers en stoepe vul die kamers aan. Gaste geniet totale privaatheid aangesien die gasheer en gasvrou in die opstal van die De Doornkraal Vinotel woon.

'n Swembad is in die tuin geleë vir die uitsluitlike gebruik van gaste. Geniet 'n drankie by die swembad of in die aangrensende tuin met sy wingerdstokke wat na 200 jaar oue wingerd steeds druiwe dra.

Die intieme De Wingerdt Restaurant het 'n uitstekende wynlys en bedien vars plaaslike etes met 'n tikkie van die geure van regoor die wêreld. Die restaurant is oop vir ontbyt en aandete. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek vir gaste.

Vir organisasies wat op soek is na 'n wegbreek bied De Doornkraal Vinotel konferensies in die opgeknapte, voormalige Vrymesselaars-lodge (genaamd Frere) met lugversorging wat in 1888 gebou is en wat deel vorm van die kompleks.

Doendinge sluit die voglende in: gholf, voëlkyk, besigtigingstoere, pieknieks, visvang, fynbos staproetes en perdritte.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Matthews G
5.0
Brilliant. It was a marvelous and nice stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Elize P
5.0
Truly home from home. Truly home from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Erica K
Gesin met tieners
5.0
Netjies, gerieflik, veilig, luuks en baie skoon. Regtig baie lekker. Sal beslis weer besoek daar aflê.
Sep 2024
Laurene J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Wonderlike diens en beleefde personeel. Sal elke jaar terugkom!
Jul 2024
Liesl F
Saam met lewensmaat
4.6
Baie mooi huis, vriendlike en behulpsame mense. Goed ontvang, kos was ook baie lekker. So rustig ons het verslaap vir die eerste keer in 20 jaar!
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Eleane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 8 Lower Long Street, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Doornkraal Vinotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 8 Lower Long Street, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA831536d5dab51afc849d044eacdef4a137a8313407f9bf7cf9abadebc30b8835f749230e17163a0f7307c9614f41b7d4ab93?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 8 Lower Long Street Riversdale 6670 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.088863618322 21.261954009533
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang