Successfully reported
+78

De Kleine Serengeti Game Lodge

Wildsplaas
Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 11 Des 2025.

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rust de Winter Road, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Vanaf R1 400 R1 190 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

De Kleine Serengeti Game Lodge is in die Dinokeng Groot 5-wildreservaat met vrylopende wild geleë. Dit grens aan die Pienaarsrivier aan die een kant en die teerpad na Rust de Winter-dam aan die ander kant. Dit is luukse selfsorg-chalets met 'n bos-ervaring op jou voorstoep.

Die lodge bied 10 luukse selfsorg-chalets met 1 slaapkamer wat volledig gemeubileer is en ingerig is met braaigeriewe, 'n volledig toegeruste kombuisie, badkamer, TV met sekere DStv-kanale vir jou genot.

De Kleine Serengeti het ook 'n gesinshuis met 5 gerieflike kamers met lugversorging en slaapplek vir 2 gaste elk. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, koningingrootte-bed en 'n instapstort.

De Kleine Serengeti het 'n lieflike dam met eende en agter dit is die grasvlaktes waar gaste meestal wild te siene sal kry sonder om eers die lodge self te verlaat. Daar is wild soos buffels, koedoes, volstruise, kameelperde, sebras, wildebeeste en 'n verskeidenheid voëlspesies.

Daar is ook wildritte beskikbaar of selfry-wildritte vir diegene wat graag die wild wil sien wat bietjie meer skaam is. Dit sluit luiperds, leeus en jagluiperds in. Dit moet vooraf bespreek word en die rit is sowat 2 uur lank en peuselhappies en koeldranke is ingesluit.

Saam met die ander wildplase in die omgewing vorm De Kleine Serengeti Game Lodge deel van die groter Dinokeng Wildreservaat. Die lodge is net 45 km noord van Pretoria geleë en dit grens aan die N1-hoofweg. Die area is malaria-vry.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Bosstaproete
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Grondpad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 277 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Mike E
Gesin met klein kinders
5.0
Highly recommended. It was our second stay there and it was just as good as the first. The place is to be highly recommended on many le...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Danielle T
Saam met lewensmaat
5.0
Our stay was lovely - definitely will return. We enjoyed our stay, the place is quiet and in a really accessible location, not far from...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Hannes V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustige kuier. Baie lekker gekuier, dis 'n skoon, netjiese en baie rustige plek. Die personeel is baie behulpsaam en vriendelik.
Okt 2025
Petra V
Saam met lewensmaat
5.0
Wegbreek saam met eggenoot. Ons het vreeslik lekker gebly. Die plek is pragtig en Tannie Katryn en haar span is ongelooflik vriendelik en behulpsaam!
Sep 2025
Etresia V
5.0
Heerlike, netjiese verblyf in Dinokeng. Baie dankie vir die heerlike verblyf die afgelope twee dae. Alles was so netjies en baie goed toegerus. Die li...
Sien meer
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Katryn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 277

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rust de Winter Road, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Gaste dink De Kleine Serengeti Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 190
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 190
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 190
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rust de Winter Road, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmMzI0YzRlLTEwNzEtNDZkMi05NTk3LWQwMmUxOTQxOGVlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400 nouVanaf R1 190 per nag (plek vir 2) 277 5 1 5 Rust de Winter Road Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -25.353333333333 28.343611111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang