Successfully reported
+11

De Melkportaal Cottage

  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R43, Grashoek Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

De Melkportaal Cottage is 'n knus selfsorgkothuis op 'n melkplaas sowat 19 km vanaf Bredasdorp.

Dié kothuis is omring met gombome en kyk uit oor die Soetmuisberg. Die kothuis is onafhanklik van Eskom se kragnetwerk en gebruik gas, parafien en 'n houtvuur-donkie vir warm water.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en 'n kind. Daar is 1 slaapkamers met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea en 'n badbed is op versoek beskikbaar. Linne en handdoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, gasyskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kaggel en 'n etenstafel toegerus. Parafienlampies word voorsien.

Glasdeure in die slaapkamer, leefarea en badkamer lei na 'n dek wat oor die plonspoel en vuurput uitkyk. Die plonspoel kan ook deur die houtvuur-donkie verhit word. Die perseel is omhein en troeteldiere is welkom. Let wel dat daar 'n grondpad na die instansie lei.

Die plaas bied doendinge soos stap, bergfietsry, voëlkyk en kanovaarte. Gaste kan ook by die melkery stop om vars melk te koop indien vooraf bestel. Kinders kan ook inskryf vir 'n kits-kursus oor melkboerdery.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

3

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbed vir 1

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Christa S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik nostalgies. So oulike plekkie. Rustig. Olielampe en 'n donkie v warm water was 'n heerlike herinnering.
Sep 2025
Jaco B
Gesin met klein kinders
5.0
Rus en vrede vir jou siel. Ons het ons baie geniet, dis skoon en mooi nagekyk. Die donkie stook is 'n hoogtepunt. Omring deur immergroen lande. Sal, a...
Sien meer
Jul 2025
Francois N
5.0
Baie rustige bestemming. Baie lekker gebly, dankie.
Sep 2024
Matthys D
5.0
To repeat this visit as often as possible! An incredible experience! In the middle of nature, no traffic, long walks and fresh air. Som...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Riette C
Saam met lewensmaat
5.0
Die swembadjie en die views. Wow! Asemrowende kombinasie. So lekker gekuier daar dat ons sommer nog een aand ekstra gebly het. Die bottel wyn, beskuit...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marilize Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Off the R43, Grashoek Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Melkportaal Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R43, Grashoek Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1p3e3Ur6Vac5d2o8dH1U9sW0QKrHHy6LTpInrLbScuG3vwYXMt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense 18 5 1 5 Off the R43 Grashoek Farm 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.553493191163 19.943206953668
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang