De Santa Villas
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Britannica Drive, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Santa Villas is 'n versameling van 3 heerlike selfsorgwoonstelle wat in 'n klein hoewe in die vissersdorpie St. Helenabaai geleë is. Die eiendom bied asemrowende uitsigte oor die baai, met 'n agtergrond van pragtige berge en romantiese sonsondergange.
Elkeen van die selfsorg-eenhede het slaapplek vir tussen 2 tot 4 gaste en beskik oor en suite-badkamers wat toegerus is met 'n stort, wasbak en toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.
Die eenhede het elkeen 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Vir vermaak is die woonstelle toegerus met 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is oral in die woonstelle beskikbaar. Verder spog elke eenheid met 'n privaat patio met sitplek buite, sodat gaste die panoramiese uitsigte oor die see in die verte kan geniet.
Dié eiendom het braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
St. Helenabaai is in die Weskus-streek van Suid-Afrika geleë en bied besoekers die geleentheid om die pragtige blomme en plantspesies te verken, insluitend die unieke fynbos wat in die area voorkom. Die eiendom is gerieflik 2,5 km vanaf die strand geleë en gaste kan veilige bergfietsroetes geniet. Regdeur die jaar kan dolfyne, walvisse, verskeie voëlspesies en ander wild in die omgewing opgemerk word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Marietjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 10 Britannica Drive, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink De Santa Villas het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Britannica Drive, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang