De Villiers Country Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Victoria Street, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Villiers Country Lodge is 'n bekoorlike gastehuis wat slaapplek en ontbyt bied. Dit is in Elandsvallei, 'n pragtige woonbuurt in Villiersdorp, net 25 km van Franschhoek af in die Wes-Kaap. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en gasvryheid weg van die stad se gedruis.
Daar is 5 slaapkamers en 1 kothuis. Die slaapkamers is in die gastehuis, is ruim, goed toegerus en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die een kamer is op die onderste verdieping en is rolstoelvriendelik.
Die kothuis is heeltemal privaat van die hoofgebou af geleë en is ideaal vir gaste wat op soek is na meer privaatheid. Al die kamers het geriewe soos gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n balkon of stoep, koffie- en teemaakgeriewe en ander luukshede vir jou gerief.
'n Smullekker ontbyt word bedien in die eetarea. Ander maaltye is ook op versoek beskikbaar. Gaste kan kies tussen 2 gemeenskaplike sitkamers vir ontspanning of in die swembad afkoel op warmer somerdae.
De Villiers Country Lodge kan klein funksies of vergaderings vir sakelui akkommodeer. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors en die perseel is naby aan verskeie doendinge en geriewe soos die gholfbaan, Theewaterskloof-landgoed, wynroetes, museums en ander prettige aktiwiteite.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johannie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 71
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 13 Victoria Street, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
- Gaste dink De Villiers Country Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Victoria Street, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang