Successfully reported
+17

DeMist Cottage - Old Pollie

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: DeMistkraal, Patensie, 6335, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

DeMist Cottage - Old Pollie is weggesteek in 'n lowerryke tuin op 'n sitrusplaas in die Gamtoosriviervallei. Dit is die perfekte oornagplek vir diegene wat die Baviaanskloof Wildernis-area besoek of vir gaste wat die omliggende area wil verken.

Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste en is vir 'n paartjies of 'n klein gesin geskik. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, ketel en kisvrieskas toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek. Buite is daar 'n stoep, asook 'n privaat lapa met 'n braai.

Die kothuis bied privaatheid en veilige parkeerplek en die hoofpad is net 'n entjie se ry ver.

Buiten die Baviaanskloof is daar verskeie doendinge in Patensie. Gaste kan rustig tussen die boorde wandel langs die rivier wat deur die plaas loop. Daar is ook 'n paadjie langs die besproeingskanaal in die heuwels. Die vallei se skoonheid is aan die kanaal te danke.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Toy N
Saam met lewensmaat
5.0
Ons gasvrou en haar ouers het ons baie tuis laat voel. Lieflik en behulpsaam. Ons het heerlik gebly met alles beskikbaar in die woonstel. Vanaf die st...
Sien meer
Okt 2025
Riana S
5.0
Ongelooflik lekker. Ongelooflike plek, rustig, skoon, vriendelikste mense, beste slaap in 'n baie lang tyd.
Sep 2025
Christiaan K
Saam met lewensmaat
5.0
Lafenis vir 'n persoon wat moeg gery is en na bietjie vrede en rus verlang. Heerlik gebly. Alle geriewe wat ons benodig het, was daar. Die buite braai...
Sien meer
Mei 2024
Geraldine V
Saam met lewensmaat
4.8
Rustig. Mooi netjies en ietsie anders - veral die badkamer! Die stilte baie geniet.
Mrt 2024
Anton S
Saam met lewensmaat
4.6
Rustig. Boma is 'n pluspunt. Goed geleë. Vriendelike gashere.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Jansie Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 98

Op LekkeSlaap 16 jaar

Ligging

  • DeMistkraal, Patensie, 6335, Oos-Kaap
  • Gaste dink DeMist Cottage - Old Pollie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 3 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 3 mense
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 3 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: DeMistkraal, Patensie, 6335, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxNTFmNWJjLTg3YzQtNDVjYS05Y2Y1LTY2OWM0MTJlOTU3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 3 mense 40 5 1 5 DeMistkraal Patensie 6335 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.7580639 24.8123365

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang