Successfully reported
+62

Desert Camp

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 112 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm on C27/D826, Sesriem, Hardap
  • Vanaf R2 835 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Desert Camp is slegs 5 km vanaf Sossusvlei en Sesriem se ingangshek in die Namib Nauklauft-park. Dit skuil tussen eeue-oue doringbome en bied 'n onoortreflike uitsig oor die woestyn en op die omliggende berge.

Dié billike selfsorg-eenhede beskik elk oor 'n en suite-badkamer, 'n beskutte stoep met 'n kombuisie, braaigeriewe, kragpunte en 'n parkeerplek langsaan. Elke slaapkamer het lugversorging, 2 enkelbeddens en 'n slaapbank wat vir 2 kinders jonger as 12 jaar geskik is. Dié kinders kan gratis met hulle ouers deel.

Geriewe in die hoofgebou sluit 'n volledige kroeg met 'n platskerm-TV, 'n swembad en 2 gemeenskaplike bomas in. Daar is WiFi by die kroegarea en ’n grootskerm-TV om nuus en sport te kyk. Sonstoele is rondom die swembad beskikbaar. Vars kosvoorraad kan daagliks by die ontvangs bestel word.

Vir groepe wat saam reis word 2 gemeenskaplike bomas voorsien wat ’n gerieflike plek bied vir gaste om saam te braai en te kuier. Die eerste boma is langs die swembadarea en die ander een is langs die kroegarea. Daar is ’n loopvlak wat beide areas verbind. Elke boma het ’n kombuis met ’n yskas, stoof, voorbereidingsarea, opwasgeriewe en ’n dienluik. Houtbanke kan op versoek voorsien word en die groot vuurput sorg vir ’n gesellige atmosfeer vir ’n braai.

Daar is 'n winkel wat goed van voorraad voorsien is, 'n internetkafee en brandstof by die Sossus Oasis-vulstasie. Daar is ook 'n restaurant by die Sossusvlei Lodge.

Opwindende woestyn-aktiwiteite in die omgewing sluit begeleide uitstappies na Sossusvlei, 'n staptoer na die Elim-duin, 'n sonsondergang-rit en skilderagtige vlugte oor die duine in. Dié aktiwiteite kan alles by die Sossusvlei Lodge Adventure Centre bespreek word.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marius V
5.0
Lekker rustig. Ja, baie mooi area en uitsigte. Goed geleë om Sossusvlei te besoek.
Sep 2025
Ursula T
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike ervaring en sal beslis weer akkommodasie hier bespreek. Dit was 'n ongelooflike ervaring. Ek sal definitief weer daar boek. Ek sal miskie...
Sien meer
Jul 2025
Bossie M
Saam met lewensmaat
5.0
Onverbeterlike uitsig en heerlike stilte. Fantastiese uitsig en heerlike stilte.
Apr 2025
Anandi D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, beeldskoon, netjies, alles wat jy nodig het, skoon, alles werk. Dit was fantasties!
Mrt 2025
Petro S
Saam met vriende
5.0
Die vriendelikste diens ontvang en heerlik in die swembad ontspan. Ons verlang klaar terug. Dit was fantasties. Die braaipakke was so keurig en lekker...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Taleni Africa Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 136

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Farm on C27/D826, Sesriem, Hardap
  • Gaste dink Desert Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 835
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 835
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 835
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 112 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm on C27/D826, Sesriem, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqdKhjkj3zgtjUEcb1hT7hldAeyQMSSkafwQbRLky0oC7zZwOyP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 835 per nag (plek vir 4) 29 5 1 5 Farm on C27/D826 Sesriem Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.48687019377 15.849270693461
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang