Successfully reported
+48

Dew Drop Inn

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Iron Street, West Acres, Mbombela, 1210, Mpumalanga
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dew Drop Inn bied gehalte-selfsorgverblyf in Nelspruit (Mbombela) naby die Krugerwildtuin. Dit is stapafstand van net 800 m vanaf verskeie winkels en restaurante wat dit ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers maak.

Verblyf word in 2 eenhede gebied met onbeperkte 5G-WiFi, Netflix en DStv. Die perseel het ook 'n 5KVA sonpaneelstelsel wat aanbly gedurende beurtkrag. Koffie, tee, suiker, ontbytgraan en melk word voorsien.

Die Family Self-catering Holiday Home bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n wasbak, toilet en 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond en wasmasjien toegerus. Die leefarea lei na 'n privaat stoep/eetarea met braaigeriewe in 'n rustige tuin. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Die Classic 2-Sleeper Studio bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Albei eenhede het 'n platskerm-TV met Netflix en DStv, gratis, onbeperkte 5G-WiFi. Die perseel het sonpanele wat aan bly tydens beurtkrag. Die eenheid lei na 'n stoep met 'n buite-eetarea. Die verblyf is stapafstand vanaf die MediClinic, supermark, apteek, kitskosplekke en 'n restaurant.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Vervoerdienste

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elanie B
Gesin met tieners
5.0
Gemaklike kuier. Pragtige meenthuis, skoon, goeie linne en beddens en 'n lekker kuierarea.
Feb 2025
Phil M
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklike atmosfeer en naby genoeg aan al die hoofpaaie. Dew Drop Inn het soveel meer gebied as wat ons verwag het. Genoeg van alles en het regtig lek...
Sien meer
Nov 2024
Nico D
Besigheidsreis
5.0
Baie veilig, skoon en netjies. Vriendelike mense. Goed ingerig. Baie lekker gebly. Baie veilig, skoon en netjies. Vriendelike mense. Goed ingerig. Sal...
Sien meer
Jun 2024
Ilse N
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer daar oornag. Dit was baie aangenaam.
Mei 2024
Linique S
5.0
Gemaklik en gerieflik. Perfek geleë naby aan die hospitaal. Ek het baie veilig gevoel, en die gasvryheid was uitstekend. Baie dankie!
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Wena Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 7 Iron Street, West Acres, Mbombela, 1210, Mpumalanga
  • Gaste dink Dew Drop Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Iron Street, West Acres, Mbombela, 1210, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA12c916db06380ae7135f1c2938c8ba541d1f3ae39a30f4720f7c1879f6a689fbee308e135aa46ddd4fc0e89f9ef2b298664a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 7 Iron Street West Acres 1210 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.4894969 30.9608097

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang