Diaz Views
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Diaz Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Diaz Views is 'n gerieflik gemeubileerde strandfrontwoonstel vir tot 6 mense in Jeffreysbaai.
Die woonstel op die grondvloer het 'n stranduitsig en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. 'n Slaapbank is ook beskikbaar in die sitkamer vir 2 mense. Een van die badkamers het 'n bad en 'n stort oorhoofs, en die tweede het slegs 'n stort. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die ontbytkroeg geniet word. 'n Skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar vir gebruik.
Die sitkamer is toegerus met 'n TV met volledige DStv en maak oop op 'n omheinde stoep met 'n ingeboude braai-area. Veilige parkeerplek word in die kelder voorsien en kan met trappe of 'n hysbak bereik word. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Jeffreysbaai bied verskeie doendinge soos swem, branderplankry, snorkel, walviskyk, visvang, sandplankry, stap in die Kabeljous Natuurreservaat, asook berg- en vierwielmotorfietsry. Gaste kan ook die Jeffreys Bay Surf, of Skulpmuseum besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Basil Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 46 Diaz Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Diaz Views het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Diaz Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang