Successfully reported
+15

Die Peperboom

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Heidelberg Street, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Peperboom is 'n gastehuis in 'n stil woongebied in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Dit is naby Panorama Mediclinic en mediese sentrums, en net 16 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die gastehuis beskik oor 2 ruim en netjiese eenhede: Woonstel 1 en Woonstel 2.

Die eerste woonstel is ideaal vir familie of vriende en beskik oor 2 slaapkamers met aparte stort en toilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die leefarea is oopplan en het 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 2 gemakstoele, 'n waaier en 'n platskerm-TV met 'n DStv-pakket. Daar is 'n Weber-braai, 'n braaipan en 'n drukkoker op versoek.

Die tweede woonstel is ideaal vir paartjies en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ingeboude kaste, 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n opwasbak, platskerm-TV met DStv en 2 gemakstoele in die woonstel. Let dat daar nie 'n stoof is nie.

Verskeie restaurante en winkels is stapafstand van die eiendom af en daar is groter winkelsentrums wat sowat 20 minute ver is. Strande en wynplase is ook te vinde binne 'n halfuurtjie se ry.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 232 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Bertus S
Saam met lewensmaat
5.0
Net hospitaal besoek, goed geleë. Lekker gebly, skoon, prakties ingerig.
Okt 2025
Lizelle B
5.0
Heerlike ervaring. Ontsettend lekker gebly. Alles was perfek, netjies, gasvry en vriendelik. Ek kom beslis weer.
Okt 2025
Avril J
Saam met lewensmaat
5.0
Tranquility, neat and safe. Stay was very nice and relaxing. Quiet neighbourhood. Will definitely come again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Loraine C
5.0
Ekonomiese, gerieflike, goed geleë verblyf. Een van die min plekke wat 2 slaapkamers teen 'n billike tarief aanbied.
Aug 2025
Meryl B
5.0
Lovely stay in a quiet neighbourhood. Great stay at Die Peperboom. Michael was very welcoming and the apartments were clean. Would 100%...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Michael Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 232

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 19 Heidelberg Street, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Peperboom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Heidelberg Street, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE5ZGYwZGQzLWY3N2QtNGQ3Mi04OWZiLTc0NDFkZWQ3MmVlOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 232 5 1 5 19 Heidelberg Street Panorama 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.87732 18.57523

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang