Die Pop Huis
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24 Stroebel Street, Cannon Rocks, 6189, Oos-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Die Pop Huis is 'n kontemporêre, helder en ruim vakansiehuis met hoë plafonne en tonne natuurlike lig wat ideaal geleë is in Cannon Rocks, Oos-Kaap. Die patio wat uit die huis vloei het 'n houtbrandende pizza-oond en is die perfekte plek om saam met geliefdes te ontspan.
Dié pragtige eiendom bied slaapplek vir altesaam 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Al 4 slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed; net 3 van hulle beskik egter oor 'n en suite-badkamer met óf 'n stort óf 'n bad. Nog 'n stort is beskikbaar in die vierde badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV.
Hierdie leefarea maak oop op 'n bedekte houtdek met buitesitplek, 'n ingeboude braai en 'n pizza-oond. Die eiendom spog ook met 'n ruim omheinde tuinarea en die strand is net vyf minute se stap weg. Cannon Rocks is 'n fantastiese bestemming wat 'n verskeidenheid doendinge bied soos voetslaan en diepseehengel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Dioné Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 24 Stroebel Street, Cannon Rocks, 6189, Oos-Kaap
- Gaste dink Die Pop Huis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24 Stroebel Street, Cannon Rocks, 6189, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang