Successfully reported
+10

Die Speelkamer

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweevlei Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Die Speelkamer is 'n selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang, verbonde aan die eienaar se hoofhuis, geleë op 'n graanplaas ongeveer 18 km buite Bredasdorp en ongeveer 30 km vanaf die De Hoop Natuurreservaat afdraai.

Dié eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is gerieflik ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Gaste het die opsie om in die oopplan-area vir 2 mense te bespreek of alternatiewelik die hele eenheid wat 4 mense kan akkommodeer.

Die eenheid spog met 'n kombuisie wat toegerus is met 'n eenplaat-gasstoof, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n sentrale etenstafel met 4 sitplekke. Die oopplan-leefarea is ingerig met 2 enkelbeddens asook 'n slaapbank. Vir gaste se vermaak is daar 'n TV met DStv-kanale en toegang tot gratis WiFi.

Boonop is daar 'n omheinde patio met 'n ingeboude braai, 'n pooltafel en 'n groot sitarea. Buite kan gaste in die plonspoel afkoel. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar. Hierdie eenheid het 'n rugsteunbattery om die TV, DStv en Wi-Fi tydens kragonderbrekings van krag te voorsien.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jetske F
Saam met lewensmaat
5.0
Knus, gerieflik en pragtig ingerig. Ons is vriendelik ontvang op 'n plaaswerf in die mooiste omgewing. Die blyplek is knus ingerig met alles wat ons n...
Sien meer
Sep 2025
Chanelle S
Saam met lewensmaat
5.0
Verskriklik gelukkig, sal definitief aanbeveel. Baie groot kamer en braai area. Pooltafel, groot braai en tjoep stil op 'n plaas. Kan lekker gaan loop...
Sien meer
Jun 2025
Debbie D
Saam met lewensmaat
5.0
Delightful and spacious self-catering accommodation on a secluded farm. We had a very lovely and relaxing stay on Tweevlei farm. It was...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Rousille C
5.0
Sal weer daar bly. Baie lekker gebly. Skoon, mooi, ruim, veilig. Speelkamer met binnebraai en pooltafel onderskei hierdie verblyf van enige ander.
Des 2024
Crystal P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en wonderlik. Ons het baie lekker gebly. Dit is ideaal vir mense wat wil wegbreek van die stad en besige lewe. Die pooltafel en swembad...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Annamarié Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 9

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Tweevlei Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Speelkamer het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweevlei Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22e3edc2b99fd62397c83ef7054aa2c9ec48aef411aceb7ff3a42a86a410e19c1531489b9f4a92c4b5dabbe7f3e366185342?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense 8 5 1 5 Tweevlei Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.439985328429 20.170618572597
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang