Successfully reported
+64

Die Tuishuise & Victoria Manor

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekker and Market Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Tuishuise is in die hartjie van Nxuba (Cradock) in die Oos-Kaap geleë. Die Tuishuise is pragtig opgeknapte Victoriaanse Karoostyl-gastehuise in die historiese Markstraat wat na Victoria Manor lei, 'n deftige hotel uit die jaar 1848. Antieke meubels skep elegante ruimtes in die kothuise en weerspieël die leefstyl van die Engelse en Duitse setlaars.

Die Tuishuise se losstaande eenhede wissel van eenhede met slaapplek vir 2 tot 6 gaste en het elkeen 1, 2 of 3 slaapkamers met dubbel- of enkelbeddens en 1 of 2 badkamers met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet elk. Die eenhede het ook elkeen 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en koffie- en teemaakgeriewe. Die Tuishuis met slaapplek vir 4 gaste het 2 badkamers waarvan 1 'n inrolstort met handrelings het.

Die gesinskamer bestaan uit 2 interverbonde kamers en is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n waaier, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV en WiFi.

Daar is ook 'n kothuis wat slaapplek vir 4 gaste het. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Ander geriewe sluit 'n badkamer met 'n bad en stort, 'n sitarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Daar is ook 'n gemeenskaplike plonspoel, eetgeriewe vir alle maaltye en veilige parkeerplek op die perseel. Van die eenhede is troeteldiervriendelik, maar gaste moet asb. vooraf navraag daaroor doen sodat die korrekte eenheid bespreek kan word.

Die Karoo Comfort Zone, 'n gesondheid- en skoonheidsentrum, bied masserings en is die ideale plek om te ontspan. Al die behandelings word deur ervare terapeute gedoen.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 102 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Riaan M
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike gasvryheid met 'n ou wêreldse sjarme. Fantastiese blyplek met lekker kos.
Mei 2025
Heather H
Saam met lewensmaat
5.0
Quaint and comfortable. Excellent, comfortable, good hospitality.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Jaco S
Saam met lewensmaat
5.0
Nostalgia. A wonderful place with lots of nostalgia.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Wihann V
Besigheidsreis
5.0
Home away from home! Great stay. Clean, safe and the food was great. Staff are very friendly and helpful. Love the atmosphere.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Fraser S
Saam met lewensmaat
5.0
Convenient and very comfortable stay in quiet surroundings. Very comfortable, relaxing and conveniently located stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 102

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Voortrekker and Market Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink Die Tuishuise & Victoria Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekker and Market Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI2ZDMxMTkxLTEwOTctNGY5OC1iZWU0LWJkMGU3ZjA3OGEyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 102 5 1 5 Voortrekker and Market Street Cradock 5880 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.17076077139 25.618735849857
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang