Successfully reported
+21

Ditholo Wildlodge

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 564 Farm Klippoortjie, Bela-Bela District, 0481, Limpopo
  • Vanaf R3 259 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

In die hart van Limpopo, teen die pragtige agtergrond van die Waterberge, lê 'n natuurlike toevlugsoord, op 'n private wildsplaas van 1100 ha. Die fantastiese Dithõlõ Wildslodge is die perfekte bos-wegbreekgeleentheid. Geniet die gasvryheid, proe die kulinêre versoekings van die lodge se sjef, teug aan skemerkelkies op die unieke skemerkelkiedek en hou die wild om die waterweë dop.

Gaste het 'n keuse tussen 2 Standaardkamers, 10 "Deluxe" kamers en 4 Gesin-suites. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, lugversorging, 'n dakwaaier, yskassie wat per aanvraag gevul word, WiFi en 'n TV met DStv.

Dithõlõ beteken "die plek van baie Koedoes", en is die tuiste van 'n groot verskeidenheid Afrika-wild, en is ook 'n voëlkyker se paradys. Dithõlõ gee om vir die gaste se welstand en die welstand van sy wildslewe. Dis verantwoordelik vir natuurbewarings-teelprogramme vir seekoeie, buffels, swartwitpensbokke, en njalas.

Gaste kan 'n outentieke Afrika-boservaring, uitstekende diens, elegante kamers en 'n rustige atmosfeer ervaar. Dithõlõ, die perfekte wegbreekplek van die spanning van die alledaagse lewe.

Daar is 'n verskeidenheid doendinge en besienswaardighede in en om Waterberg, soos kuns en handewerk, voëlkyk, kulturele- en geologiese toere, olifantry, hengel, wildritte, wildwaarneming, gholf, perdry, bergfietsry, fotografie, vierwielsfietsry en landskapsritte

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
3.7
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.3
Veiligheid
4.2

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.8/5

Zandile Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 38

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • 564 Farm Klippoortjie, Bela-Bela District, 0481, Limpopo
  • Gaste dink Ditholo Wildlodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 259
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 259
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 3 259
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 564 Farm Klippoortjie, Bela-Bela District, 0481, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c0975502aab7b151f0e465dc4cf76ddd60d9120423f52cf0a63c2208d85fc258f6c016f0bc7cf5235e61cc5b94c81ebc909?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 259 per nag, vir 2 mense 18 5 1 4 564 Farm Klippoortjie Bela-Bela District 0481 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.977627053733 27.916448739479
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang