Successfully reported
+51

Ditsem Gasteplaas

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Vaalkoppies, Off the N10, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ditsem Gasteplaas bied slaapplek aan gaste langs die Oranjerivier. Dis net 10 minute se ry vanaf die Upingtonbrug langs die N10.

Kothuis 2 het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder. Die oopplankombuis is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n etenstafel en die sitarea het 'n TV met satellietkanale en 'n slaapbank

Kothuis 1 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n bad. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelbed in die sitarea. Die oopplankombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel en die sitarea het 'n TV. Die eenheid lei na 'n stoep en braaigeriewe word voorsien.

Eenheid 1 het 'n badkamer, 'n TV met satellietkanale en 'n kombuisie. Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, yskassie, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n dubbelslaapbank. Daar is ook 'n privaat braai-area met 'n uitsig oor die omliggende lande.

Eenheid 2 het 'n badkamer, 'n TV met satellietkanale en 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, yskas, eetgerei en breekware. Die eenheid het 'n enkel- en 'n dubbelbed sowel as 'n slaapbank. Daar is ook 'n privaat braai-area met 'n uitsig oor die omliggende plaasgebied.

Veilige parkeerplek word langs elke eenheid voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.7
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.6
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Rigina K
5.0
Stresvry, pragtige sonopkoms en sonsondergang. Mooi natuur. Skoon verblyf. Ek het baie lekker gebly, dankie.
Sep 2025
Gavin R
Saam met vriende
5.0
Most enjoyable. It really suited our needs, was real value for money, and had good beds.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Jacques J
Saam met vriende
5.0
Heerlike plaas atmosfeer. Verblyf was tops, veral die plaas atmosfeer. Sal enige tyd terugkeer.
Aug 2025
Sue Mane K
Besigheidsreis
5.0
Great. Was great. Very clean. Very professional.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Elize V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker oorgeslaap. Genoeg spasie vir 4 mense. Pragtige, rustige plaas pondokkie.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.7/5

Tertius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Farm Vaalkoppies, Off the N10, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ditsem Gasteplaas het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 650
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 650
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Vaalkoppies, Off the N10, Upington, 8801, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbeb70b74ba43a67f015b07dfdb7b9122958fbf4f778b54e9e96878f1db88c3f77e756da37c48990b51bf74af8e447c067dac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 59 5 1 4 Farm Vaalkoppies Off the N10 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -28.433671527672 21.362125931213
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang