DK Villas The Boardwalk
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oxford Street, The Boardwalk, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R2 955 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
DK Villas The Boardwalk is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Houtbaai, Kaapstad. Die woonstel het slaapplek vir 4 persone en is naby die strand geleë.
Hierdie nuwerwetse en smaakvol versierde woonstel op die eerste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens en het toegang tot die tweede badkamer, wat 'n stort het. Elke bed is toegerus met Egiptiese katoenlinne, vere-duvets en -kussings.
Die volledig toegeruste oopplan-kombuis spog met Caesarstone-werkblaaie en bevat 'n elektriese stoof en kookplaat, 'n dubbelwasbak, 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die aangrensende leefarea het 'n 6-sitplek-eetkamer en die sitkamer beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale.
Gratis WiFi-internettoegang is ook in die woonstel beskikbaar. Die eenheid het een toegewyde kelderparkeerplek vir 1 motor, en nog 'n parkeerplek van die straat af vir 'n tweede motor. Die kompleks is ook sowat 1 km vanaf die hawe en restaurante geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Johann Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Oxford Street, The Boardwalk, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink DK Villas The Boardwalk het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oxford Street, The Boardwalk, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang