Downstairs @ The Beachfront
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 67 Helene Steyn Road, Moquini Beach, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Downstairs @ The Beachfront is ’n sjarmante selfsorgwoonstel op die eienaar se eiendom in Stilbaai-Oos. Die eiendom is 60 m vanaf die swemstrand, wat veilig is vir troeteldiere en gaste om te swem, branderplank te ry en om op te stap. Gaste kan die paadjie oor die duin voor die huis na die pragtige strand volg.
Hierdie troeteldierviendelike-woonstel is op die grondverdieping van die eienaar se huis en beskik oor ’n privaat ingang, 2 slaapkamers, 2 badkamers, en ’n goed toegeruste kombuis en oopplan-sitarea. Dit is ideaal vir 4 volwassenes (2 paartjies) en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en ’n stapelbed. Die badkamer het ’n stort, bad, wasbak en toilet. Daar is ’n buite-stort met warm water by die tweede kamer. Daar is 'n gastebadkamer met 'n toilet en 'n wasbak.
Die goed toegeruste kombuis het ’n yskas-vrieskas met ’n dubbeldeur, ’n tweeplaat-gasstoof, ’n oond, mikrogolfoond en ander kombuisware om te gebruik. Die aangrensende sitarea het banke en ’n etenstafel met sitplek. Dit lei na die stoep waar daar ’n groot etenstafel, 2 sonbeddens en ’n draagbare braai is.
Klein- tot mediumgrootte troeteldiere is welkom indien daar vooraf reëlings getref word. Die eiendom is naby verskeie stap- en voetslaanroetes en die riviermond. Dit is ook binne ’n paar minute se ry vanaf die middedorp, waar daar ’n paar restaurante en winkels is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Roeline Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 67 Helene Steyn Road, Moquini Beach, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Downstairs @ The Beachfront het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 67 Helene Steyn Road, Moquini Beach, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang