Drummers Nest
- Kapasiteit: 11 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 53 May Avenue, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
- Vanaf R350 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Drummers Nest is in Klerksdorp geleë en bied 3 selfsorg-eenhede wat altesaam tot 11 gaste kan akkommodeer. Eenhede 1 en 2 is op dieselfde deel van die eiendom geleë, terwyl Eenheid 3 apart is.
Eenheid 1 bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die leefarea kan ingerig word met 'n koninggrootte bed, wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en het ook 'n TV met 'n DVD-speler. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas.
Eenheid 2 is ingerig met 'n koninggrootte bed, wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die privaat badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n TV met verskeie DVD's wat gaste kan kyk. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, tweeplaatstoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei.
Hierdie 2 eenhede is ideaal vir 'n groepbespreking van 6 gaste.
Eenheid 3 bestaan uit 2 slaapkamers wat altesaam tot 5 gaste kan akkommodeer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Die eenheid beskik ook oor 'n sitkamer met 'n TV, kaggel en 'n ekstra enkelbed. Die eenheid het ook 'n braai-area en veilige parkering. Bykomende braaigeriewe kan op aanvraag voorsien word.
Die waterstelsel is met 'n filterstelsel aan die boorgat gekoppel as gevolg van Klersdorp se watergehalte. Dit beteken dat daar geen water beskikbaar is tydens beurtkrag nie.
Parkeerplek is langs die eenheid beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Drummers Nest is slegs 2 km vanaf die Matlosana Mall, 2.7 km vanaf die Wilmed Privaathospitaal en 3 km vanaf die Life Anncron Hospitaal. Klerksdorp bied 'n verskeidenheid restaurante en besienswaardighede soos die Rio Hotel Casino and Convention Resort, die Faan Meintjies Natuurreservaat en die Parklands Gholfbaan vir gholfspelers, en meer.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Adele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 71
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 53 May Avenue, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
- Gaste dink Drummers Nest het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 11 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 53 May Avenue, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang