DunPuttin
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mossel Street, Pinnacle Point Beach and Golf Estate, Mossel Bay, 6511, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
DunPuttin is 'n pragtige selfsorgwoonstel wat in die gesogte Pinnacle Point Beach and Golf Security Estate geleë is en spog met lieflike see-uitsigte vanaf die patio sowel as baie ander areas van die eenheid.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Albei slaapkamers bied see-uitsigte. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-hoofleefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n etenstafel met sitplek vir 4. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale.
Deur die skuifdeure is daar 'n patio met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat die ideale plek is vir gaste om 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie te geniet. Gaste het volle toegang tot die landgoed se gemeenskaplike swembad, en direkte toegang tot die strand sowel as die tuin.
Parkeerplek is binne 'n kort stapafstand beskikbaar, maar gaste kan ook van die komplimentêre pendeldiens gebruik maak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Hendrik Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Mossel Street, Pinnacle Point Beach and Golf Estate, Mossel Bay, 6511, Wes-Kaap
- Gaste dink DunPuttin het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mossel Street, Pinnacle Point Beach and Golf Estate, Mossel Bay, 6511, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang