Successfully reported
+23

Beach House Merak

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 15 Okt 2025 tot 3 Nov 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27 Kloof Street, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 480 R2 232 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach House Merak is in Groot-Brakrivier, Dwarswegstrand en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike houtstrandhuis met see-uitsigte. Dié huis is stapafstand van die mooi strand af. Gaste word gesuis deur die klank van die branders en kan uitsigte oor die see vanaf die boonste en onderste dek asook die slaapkamers af geniet. Gaste kan dalk ook 'n dolfyn of 2 gewaar.

Daar is 3 slaapkamers en 2 vol badkamers op die onderste vloer. Die hoofslaapkamer bied 'n see-uitsig en het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n aantrekkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die uitleg van die huis is van so 'n aard dat gaste die beste see-uitsigte kan geniet. Op die eerste verdieping is daar 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, stoof en oond, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank. In die leefarea is daar 'n etenstafel en stoele en in die sitarea is daar 'n TV en kaggel. Die dek aan die voorkant van die huis het stoepmeubels, braaigeriewe en gemakstoele. Daar is 1 parkeerplek in die motorhuis beskikbaar.

Die ligging van die huis is ideaal vir diegene wat die Tuinroete wil verken met al sy besienswaardighede, staproetes en avonture. Gaste kan strandlangs stap na die skeepswrak naby Glentana, gholfspeel in George, walviskyk in Mosselbaai, 'n wildrit geniet in die Botlierskop Private Game Reserve, gaan stap in die Outeniekwa Nasionale Park of smul aan seekos al langs die kus. Daar is 'n paar plaaslike inligtingsboeke in die huis.

Beach House Merak het 'n sonkragstelsel geïnstalleer wat dinge geriefliker tydens beurtkrag maak.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mike P
Saam met vriende
5.0
Very comfortable, more than we expected. Very quiet and peaceful, fully equipped, well maintained, and extremely clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Wilmare B
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike kuier in 'n prentjie mooi huis. Ons het baie lekker gebly. Gesin van 4 met ouma en oupa saam. Die huis is pragtig en ruim en het alles wat jy...
Sien meer
Apr 2025
Shayne C
Saam met lewensmaat
5.0
Die kuiers op die stoep was die beste! Ons het dolfyne en walvisse gesien! Met ons aankoms was ons vriendelik ontvang deur Danie en Lindie. Danie was ...
Sien meer
Sep 2024
Alismi V
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklike huis weg van die huis. Heerlik. Alles wat mens nodig het.
Aug 2024
Pierre T
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker rustig en sonder enige kommer. Baie mooi en netjiese plek, ligging besonders.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 27 Kloof Street, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach House Merak het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 480
R 2 480 R 2 232
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 480
R 2 480 R 2 232
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 480
R 2 480 R 2 232
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27 Kloof Street, Dwarswegstrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA79afd36afb3df215ff0e89580d7a719ef1e6b5043259c936cec36eb8420a27d981fbfc0bfe04ac942f1252ce8af7e18238c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 480 nouVanaf R2 232 per nag (plek vir 6) 27 5 1 5 27 Kloof Street Dwarswegstrand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.050564637216 22.277125410919
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang