Successfully reported
+15

Dzata Lodge & Game Ranch

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Nelly 327 LS, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dzata Lodge & Game Ranch het in 2011 sy deure oopgemaak en is in die Bandelierkop-omgewing in die skadu van die pragtige Soutpansbergreeks geleë. Die hoofhek is maklik bereikbaar met 'n teerpad en die lodge bied 'n ontspanne, huislike atmosfeer met 'n selfsorgverblyf-opsie, maar etes kan ook ingesluit word.

Die lodge bied warm en vriendelike gasvryheid, sowel as netheid en gemak. Verblyf word in 3 chalets aangebied wat elkeen ten volle ingerig is vir selfsorg. Elke chalet beskik oor 'n volledige en suite-badkamer, lugversorging, en het toegang tot 'n plonspoel en privaat braai-area. Elke chalet het 4 driekwartbeddens, komplimentêre drinkwater, koffie en tee, sowel as badhanddoeke.

Die hooflodge het 'n sitkamer en kroegarea, etenstafels, volle DStv, gratis WiFi, 'n verhitte plonspoel, 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n binne- en buitebraai, en 'n boma-area. Die lodge is ideaal vir klein groepe, 'n familie-bymekaarkoms, intieme bos-troues, verjaarsdag-vieringe, naweek-wegbreke en sake-geleenthede.

Die 1200 ha-wildplaas het verskeie wildspesies, soos duiker, steenbok, rooibok, koedoe, waterbok, eland, gemsbok, wildebees, sebra, kameelperd, vlakvark en volstruis. Die kenmerkende habitat met sy pragtige Marula- en Matoppi-bome maak dit ideaal vir staproetes en daar is ook 'n wildrit-opsie. Voëlkykers sal ook verskeie opwindende voëlkyk-geleenthede geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ruth Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Farm Nelly 327 LS, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Gaste dink Dzata Lodge & Game Ranch het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Nelly 327 LS, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab1c15940d6647a60d98947f93d87d19212fee60aad630f21cdd15abd8eca99986014acbb16fc4958ceba5bdc7727caa4162?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Farm Nelly 327 LS Louis Trichardt 0920 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.186058893572 29.741693297619
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang