Echo Valley Guest Farm Melkstal Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R542, Klipfontein Farm Portion 5, Breyten, 2330, Mpumalanga
- Vanaf R1 190 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Echo Valley Guest Farm se Melkstal Cottage is op 'n pragtige leefstylplaas geleë, weg van die gewoel van die stadslewe. Geleë in Breyten is dit ideaal vir sakereisigers of gaste wat op soek is na gerieflike oornagverblyf. Die kothuis bied die perfekte geleentheid om te ontspan, te herlaai en weer met die natuur te skakel.
Dié kothuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ook beskikbaar in die slaapkamer is 'n TV met Netflix, YouTube en Openview-kanale, asook gratis WiFi.
Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n volledig toegeruste kombuisie, insluitend 'n konveksie-mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, broodrooster, eetgerei en breekware. Die sitarea is ingerig met gemaklike sitplek en bied rustige tuin-uitsigte.
Buite het gaste toegang tot bykomende sitplek buite en 'n braai-area, ideaal vir skemerkelkies. Jy kan uitsien na noue interaksie met die vee op die eiendom, insluitend donkies, perde, koeie en blesbokke.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Duska Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 18
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R542, Klipfontein Farm Portion 5, Breyten, 2330, Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R542, Klipfontein Farm Portion 5, Breyten, 2330, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang