Successfully reported
+28

Elandsfontein Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Elandsfontein, Johannesburg, 1429, Gauteng
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Elandsfontein Farm bied verblyf in Johannesburg, Gauteng, 'n area bekend vir prentjiemooi paaie, voetslaanroetes en ikoniese besienswaardighede wat die Rietvlei- en Groenkloof Natuurreservate insluit. Dit is die ideale wegbreekplek vir stadsmense wat so 'n bietjie wil ontspan.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede wat die Pine Tree Kothuis en die Plane Tree Kothuis insluit.

Die Pine Tree Kothuis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, die tweede slaapkamer is 'n solderkamer en het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe in die kamer sluit 'n haardroër, volledig toegeruste kombuis, eetarea, sitarea, kaggel, peuselhappiemandjie, tee-en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale in. Die eenheid het ook 'n stoep, braai-area en 'n privaat ingang.

Die Plane Tree Kothuis is geskik vir 'n paartjie en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en buitestort. Ander geriewe sluit 'n haardroër, volledig toegeruste kombuis, eetarea, sitarea, kaggel, peuselhappiemandjie, tee-en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale in. Die eenheid het ook 'n stoep, braai-area en 'n privaat ingang.

Gaste kan voëlkyk, stap en fietsry op die perseel. Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, voëlkyk, wildritte, visvang en fietsry in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 95 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Albertus V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ons het van die Suidkus gereis waar dit redelik warm was. Met ons aankoms was dit vrek koud, maar die eienaars het alle geriewe om 'n koue...
Sien meer
Aug 2025
Johan O
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, stil, veilig. Ja, ons het 'n heerlike ervaring gehad. Baie dankie.
Jun 2025
Stacey V
Besigheidsreis
5.0
Clean, comfortable, relaxing. Cottage was very clean and comfortable. Lovely extra touches like rusks, milk, tea and coffee were provid...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Zacharias B
Saam met lewensmaat
5.0
Clean, neat, safe, tranquil, friendly. We enjoyed our stay at Elandsfontein Farm, perfect place for a getaway weekend away from the cit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Rèze S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en sielsbevredigend. Heerlike plek, rustig en veilig. Baie vriendelike gasvrou. Goeie wegbreek van die gedruis!
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ninell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 95

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Farm Elandsfontein, Johannesburg, 1429, Gauteng
  • Gaste dink Elandsfontein Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Elandsfontein, Johannesburg, 1429, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9db12c85f1737031e80573745e60c36b523d9726ecdec730bbf4696a7373308425176c00adc6b634e8ede9e4dbb14a000954?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 95 5 1 5 Farm Elandsfontein Johannesburg 1429 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.964102491362 28.314836025238
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang