Successfully reported
+98

Elim Gastehuis

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 516, Friersdale, Keimoes, 8861, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Elim Guest House word omring deur welige groen wingerde en skuil in die Oranjeriviervallei wat op die randjie van Keimoes in die Noord-Kaap is. Dié gastehuis is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die stadsgewoel.

Elim Guest House het 3 eenhede wat individueel versier is en altesaam slaapplek vir 13 mense het. Die eenhede het pragtige uitsigte oor die wingerde en die Oranjerivier.

'n TV met sekere DStv-kanale is in elke eenheid beskikbaar asook lugversorging, Elke eenheid het ook sy eie kombuis wat toegerus is met 'n yskas, diepvries, mikrogolf, broodrooster, ketel, stoof asook eetgerei. Elke eenheid het 'n privaat patio met braaigeriewe.

Die gastehuis is sentraal geleë en gaste kan besoek aflê by die Augrabieswaterval en die Akkerboom-padstal met sy smullekker droëvrugte, druiwe en oulike geskenkies. Gaste kan ook 'n draai by die Oranje-kelder maak vir 'n lekker wynproe.

Daar is tientalle doendinge op die plaas, soos visvang, swem en kanovaart op die rivier wat net 'n entjie se stap vanaf die gastehuis is. Onthou net om jou eie kano saam te bring.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 94 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hettie V
Saam met lewensmaat
5.0
Siels beste rustige plek. Die plek met sy alles is die beste. Ek wens ek kon daar bly vir altyd. Alles was perfek: die bed, massiewe badkamer, kombuis...
Sien meer
Okt 2025
Sophia H
Saam met lewensmaat
5.0
Ruim vertrekke, mooi uitsig, wingerd en rivier. Lekker gebly, wingerd plaas goed geleë.
Sep 2025
Judith B
5.0
Breathtaking view. Refresh my soul with nature. Friendly staff. Rooms very nice and clean and great shower. Beautiful room view and clo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Riana C
Gesin met tieners
5.0
Uitgerus! Lekkerste stort ooit gevat. Plek is netjies, en dit is so mooi in die omgewing.
Jul 2025
Antionette E
Gesin met tieners
5.0
Will go back in summer again. Loved our stay. I will definitely recommend it to friends and family. I didn't have a problem finding the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Rika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 94

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Farm 516, Friersdale, Keimoes, 8861, Noord-Kaap
  • Gaste dink Elim Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 516, Friersdale, Keimoes, 8861, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA667453a0577b99689f2e3de9feaff59d3237f348cce24a907c47c04c39479d9c5021de737311ee5263e2e42ed57fe2fd81d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 94 5 1 5 Farm 516 Friersdale 8861 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.755436 20.860296
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang