Ella’s Cottage Too
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Oranje Street, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R2 600 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Ella's Cottage Too is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorg-eenheid vir 6 in Parys, en is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers wat die dorp besoek.
Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet of in die sitkamer ontspan wat toegerus is met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale.
Ella's Cottage Too is 500 m vanaf die middedorp met al sy winkels en restaurante en 1 km vanaf die Parys Gholfklub geleë. Parys bied 'n verskeidenheid doendinge wat wissel van visvang, vlotvaarte, voetslaan en 4x4-roetes en abseil.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elmarie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 61
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 21 Oranje Street, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Ella’s Cottage Too het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Oranje Street, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang