Fairstreams 3
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 346 Janson Street, Dullstroom, 1618, Mpumalanga
- Vanaf R4 240 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
            Fairstreams 3 is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in 'n veilige kompleks in die hartjie van Dullstroom. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek aangesien hierdie eiendom binne stapafstand vanaf die Dullstroomdam is.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste 3 slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers is ingerig met 'n bad en 'n stort, onderskeidelik. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer is knus en het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n piekniektafel wat 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie in die aand. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liezl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 346 Janson Street, Dullstroom, 1618, Mpumalanga
- Gaste dink Fairstreams 3 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 346 Janson Street, Dullstroom, 1618, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang