Successfully reported
+72

Farmer Burger Akkommodasie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R365, Steenbokfontein Farm, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Farmer Burgers Akkommodasie bied ontspannende plaasstylverblyf 9 km suid van Lambertsbaai, 'n rustige vissersdorpie aan die Weskus. Hierdie dorpie is vir pragtige, wit strande, diverse natuurlewe, groot golwe, golwende duine, 'n voëlbroei-eiland en 'n matige klimaat regdeur die jaar bekend bekend en is die ideale bestemming.

Verblyf word in 3 eenhede gebied wat elkeen vir selfsorg toegerus is.

Farmer Burger Manor House het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders of 6 volwassenes en 2 kinders. Hierdie eenheid het 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het slegs 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is met 'n ketel, gasstoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n gastebadkamer. Gaste het toegang tot 'n eet- en 'n sitarea.

Die Groot eenheid beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea met slaapplek vir 'n ekstra 2 gaste. Die Klein Woonstel het 1 slaapkamer en slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind.

Alle eenhede het toegang tot 'n private buitebraai-area en parkeerplek word ook op die perseel voorsien. Die eenhede het nie 'n see-uitsig nie, maar daar is 'n strand 100 m vanaf die eenhede, oorkant die pad.

Die gewilde branderplankryplek, Farmer Burgers, is oorkant die pad. Hierdie verblyf maak van gas, olielampe en kerse gebruik. Elektrisiteit is slegs vir yskaste, selfoonlaaiers, haardroërs en basiese benodigdhede. Hiér kan gaste van die gewoel van die stad en die alledaagse lewe ontsnap en die rus en vrede van die plaas en die see geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Leigh-ann Z
5.0
Peaceful and quiet. We enjoyed the visit to the farm. It was a time to connect with family members and not the Internet. The house was ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Hugh D
Saam met vriende
5.0
Great value and location. Very enjoyable stay. A bunch of old friends came for a surfing getaway. Local surf breaks were great, and the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Talana A
Gesin met klein kinders
5.0
Everyone enjoyed the stay. From young to old. It was a pleasant stay with friendly reception.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Justine K
Saam met vriende
5.0
Ons kom beslis terug. Baie lekker plekkie om te bly. Ons kom beslis terug.
Mrt 2025
Mandy F
Saam met lewensmaat
5.0
Great weekend stay, close to the ocean. We loved the accommodation. It was comfortable and clean and very well priced. Close to Elands ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R365, Steenbokfontein Farm, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Farmer Burger Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R365, Steenbokfontein Farm, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd1fe3657772ca7ab808f2c5509db8101b4841b8a78197f5cee308c4f1b39beb3d6b31e3c8e5f1807d15a30fdc7f958683167?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 3) 62 5 1 5 R365 Steenbokfontein Farm 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -32.168539571208 18.313010633159
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang