Farmhouse Guesthouse
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 608 M C Roode Street, Potchefstroom, 2531, Noordwes
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Farmhouse Guesthouse bied gaste 'n ontspanne en bekoorlike plattelandse wegbreek in Potchefstroom.
Die gastehuis bied gaste 'n keuse van ruim kamers, asook 'n tuinwoonstel, en bied slaapplek aan 2 mense elk. Die gastehuiskamers is ingerig met gemaklike beddens, en elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Gerieflikheidshalwe word badhanddoeke voorsien. 'n TV met DStv, 'n yskassie, waaiers, asook lugversorging is in die kamers beskikbaar.
Die tuinwoonstel met lugversorging is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n privaat badkamer. 'n Yskas, 'n mikrogolfoond en 'n TV met DStv is in die eenheid beskikbaar.
Die gastehuis is in 'n welige tuin onder inheemse bome geleë, en gaste kan in die tuin, die gemeenskaplike lapa ontspan of in die swembad afkoel. Plaashuisontbyte en -aandetes is op versoek beskikbaar en word op 'n koolstoof voorberei. Farmhouse Guesthouse maak ook voorsiening vir funksies en partytjies, en veilige parkeerplek is beskikbaar.
Farmhouse Guesthouse is 2 km vanaf die Senwes Park en Fanie Du Toit Sportgrond geleë, 2,5 km vanaf die MooiMed Privaat Hospitaal, en 4 km vanaf die Potchefstroom Universiteit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Brenda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 608 M C Roode Street, Potchefstroom, 2531, Noordwes
- Gaste dink Farmhouse Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 608 M C Roode Street, Potchefstroom, 2531, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang