Successfully reported

FarmStay

Selfsorg

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.7
Marguerite R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Perfek perfek perfek. Dit was meer as perfek. Ongelooflike gerieflik met meer as genoeg spasie en alles wat nodig was om te kan ontspan. Kombuis is goed toegerus met 'n aparte braaikamer wat perfek was vir 'n lekker kuier. Winkels in Elandsbaai is baie beperk en ek sal voorstel dat jy genoeg vleis saamvat, maar die res sal jy kan kry indien jy na die kafee toe gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alwine E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Lieflike ruim plaashuis om net te ontspan. Lieflike plaashuis, netjies en modern binne met alles wat nodig is. Braai/kaggel was 'n groot bonus. Binne ry-afstand van verskeie dorpies, lieflik vir blomme kyk. Sal definitief weer daar bly. Was tops!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Morne
FarmStay
Baie dankie, waardeer en bly julle het dit geniet.

Gavin F
Kort verblyf
3.2
Jul 2025

Baie potensiaal, maar op die oomblik eintlik 'n nagmerrie. Ons het op redelik kort kennisgewing bespreek by FarmStay. Daar was geen resensies vir die verblyf nie, ons het besluit om maar te probeer, want dit kan dalk 'n nuwe listing wees. Die braai vertrek was eintlik grotendeels die trekpleister aangesien dit 'n baie nat naweek was - dit het egter bitter vinnig in 'n nagmerrie ontaard omdat die haan van die braai vas sit - volgens die gasheer en iemand wat hy gestuur het om te kom kyk, is dit veronderstel om nie te draai nie en dat ons maar moet vuurmaak as die wind draai. Die buite deur wat toegang tot die braai kamer verleen se handvatsel was redelik stram en omdat ons heeltyd die deur moes oop en toemaak a.g.v. die rook en koue, het die deurhandvatsel gebroke - ons het die bestuurder hiervan in kennis gestel. Die geyser was ook 'n probleem, ons het in koue water moes stort, ons kon gelukkig Saterdagoggend die bestuurder opspoor, wat versoek het dat ons hom in die lokasie moes kom oplaai om na die geyser te kom kyk. Hy moet ongeveer 5 km stap om daar uit te kom. Hy het toe gevind dat volgens hom die skoonmaker met die gas geyser gepeuter het. Toe hy daar kom, was die kombuis se wasbak ook heeltemal verstop en hy kon dit ook darem terselfdertyd uitsorteer. Ons het vergeet om hom in kennis te stel dat die hoof badkamer se deur ook nie van binne kan oopmaak nie. Die skuifdeurtjies van die stort is ook vreeslik stram en temperamenteel en is 'n ongeluk wat wag om te gebeur. Dit is regtig 'n baie lekker plekkie, maar die wind moet net reg waai.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Morne
FarmStay
Hi Gavin Dankie vir jou terugvoer en sal definitief verbetering aanbring. Hopenlik sal julle volgende keer bietjie beter weer hê.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Morne Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 7 maande

Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R366, Bonteheuwel Farm 1 Portion 42, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2590faa727383908a8cc019239cee779e0fd779e87f918a61f7fd55bbe4ee1e140882487afb956fa774fe4d0e6a78575277?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 R366 Bonteheuwel Farm 1 Portion 42 8110 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -32.311991742798 18.382101225404
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang