Successfully reported
+25

Feet Up Cottage

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 Pinegrove Street, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Feet Up Cottage is 'n gesellige selfsorg-eenheid wat in 'n rustige buurt in Somerset-Wes geleë is. Dis net 5 tot 15 minute, afhangende van verkeer, na een van die beste strande in die Kaap, dit is ook net 'n entjie se ry vanaf Stellenbosch en ander wynplase. Verder is dit net 1 to 2 minute se ry na die Vergelegen Medi Clinic en en tussen 5 tot 15 minute se ry na Busamed Paardevlei Private Hospitaal. Die besige sakesentrum van Stellenbosch is net 15 to 20 minute se ry en ideaal gelee indien jy besigheid daar of in Technopark wil doen.

Dit is privaat, 1 km vanaf Vergelegen Medi Clinic, 5 km vanaf Busamed Hospitaal, 50 km na Kaapstad en slegs 30 km na Kaapstad Internasionale Lughawe. Top strande is ook naby.

Dié eenheid is op die eienaar se perseel, het 'n privaat ingang en beskik oor 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 en een sit-/eetkamer met ekstra slaapplek vir 2 kinders of een grootmens. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort. Indien nodig kan 2 kinders in die sitkamer slaap, een op die slaapbank en een op 'n opblaasmatras. Indien jy 2 besigheidsreisigers is, kan een in die slaapkamer slaap en een in die sit-/eetkamer op die slaapbank.

Honde is welkom, maar daar is slegs 'n spitspaalheining waardeur klein hondjies moontlik kan ontsnap.

Die kombuisie is volledig met 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, gasstoof, broodrooster, ketel en 'n mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n TV, gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Die eenheid het sonpanele wat rugsteunkrag tydens beurtkrag bied.

Vir Vakansiegangers sluit die trekpleisters en aktiwiteite in die omgewing in, Helderberg Natuurreservaat, Somerset Mall, Erinvale Gholfklub, Lourensford en Vergelegen wynplase, bergfietsry, 4x4-roetes, wynproe en voetslaan.

Vir hospitaalbesoekers is dit ook ideaal geleë vir mense wat na aan een van die privaat hospitale in die omgewing moet wees.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Colin P
5.0
Good value for money. We were very friendly greeted on arrival and everything was as expected and as shown in the photos. WhatsApp mess...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Sonet P
5.0
Excellent little cottage. It was a short 1-night stay as I needed to be close to Mediclinic. The location is perfect and the cottage is...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Veronique L
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik, skoon en ontspanne. Defnitief lekker geslaap!
Mrt 2025
Stephnie T
Gesin met tieners
5.0
Netheid, veiligheid. Ons het lekker gebly en alles was naby om ons plekke te besoek. Ons beveel vir enige reisigers aan dat Somerset Wes besoek, Feet ...
Sien meer
Des 2024
Jeanita L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker kuier gewees. Ja, dit was baie lekker gewees.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gussie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 40 Pinegrove Street, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Feet Up Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 3 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 3 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 3 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 Pinegrove Street, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5e623c9fd6c480e7cc7ca01ac30c0e0e3a83ba455e6f437740134bc4a12cbc23c00de0f9143a1619f151d4545c799d9a5f46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 3 mense 28 5 1 5 40 Pinegrove Street Somerset West 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.080581126125 18.863586122684
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang