Flutterby Guesthouse
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Rocher Street, Baillie Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Flutterby Gastehuis is in Baillie Park, Potchefstroom, geleë en bied gaste 'n keuse van gerieflik gemeubileerde eenhede wat tussen 2 en 4 mense kan akkommodeer.
Flutterby Gastehuis het genoeg sonpanele en daar is geen beurtkrag nie.
Gaste kan die dubbelkamer-eenheid met slaapplek vir 2 of die gesinseenheid met slaapplek vir 4 bespreek. Die Dubbelkamer-eenheid is ingerig met 'n dubbelbed, en die gesinseenheid met slaapplek vir 4 is ingerig met 'n dubbelbed, asook 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Die gesinseenheid het 'n kombuis wat toegerus is met 'n klein stoof, mikrogolf, 'n groot yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV met Openview-kanale in elke kamer, WiFi, asook 'n klein eethoekie wat ook as 'n lessenaar gebruik kan word.
Die dubbeleenheid het 'n mikrogolfoond, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei. Daar is 'n TV met volledige DStv-kanale, WiFi en 'n eethoekie wat as 'n lessenaar gebruik kan word.
Elkeen van die eenhede maak oop op 'n patio met 'n sitarea, en gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel. Parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan verskeie besienswaardighede in Potchefstroom besoek, soos die Goetz Fleischack-, die Potchefstroom-, die President Pretorius- en Totiushuismuseum, verskeie nasionale monumente, die OPM Prozesky-voëlreservaat met meer as 200 verskillende voëlspesies, en Buffelsvlei-wildedierepark.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Henk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 108
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 13 Rocher Street, Baillie Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
- Gaste dink Flutterby Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Rocher Street, Baillie Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang