Successfully reported
+16

Footloose Vaal River Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 A Lonsdale Road, Loch Vaal, Vanderbijlpark, 1912, Gauteng
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Footloose Vaal River Cottage bied rustige vakansieverblyf in 'n privaat tuin en is in die hartjie van Loch Vaal op die Vaalrivier geleë. Dit is die perfekte plek vir 'n gesin of vriende wat op soek is na 'n wegbreek van die stadsgewoel.

Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea wat teen 'n ekstra koste beskikbaar is.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv.

Die leefarea lei na 'n ruim houtdek met 'n buite-etenstafel. Daar is ook 'n groot omheinde tuin met 'n swembad, buitesitplek, 'n vuurput en braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Bootvaarte op die rivier is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Hierdie huis is stapafstand vanaf die rivierfront met 'n lanseerhelling en 'n jetty wat watersportentoesiaste en vissermanne sal geniet. Footloose Vaal River Cottage is ook naby trou-venues.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Mittah M
Saam met vriende
5.0
Friendscation. A perfect stay with a lovely view and enough space to hang out and have fun. The service we received from Petra was exce...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Chrisna P
Gesin met tieners
5.0
Rus en vrede! Heerlike kothuis met kuierstoep en alles wat nodig is. Baie skoon en netjies, stil en rustig. Petra is so vriendelik en behulpsaam.
Jan 2025
Pierre R
Gesin met klein kinders
5.0
Ons gaan beslis terug weer. Dit was fantasties. Petro maak seker jy is gemaklik.
Aug 2024
Armandie G
Saam met vriende
4.6
Naby wegbreek uit Johannesburg saam vriende. Het saam met vriende weggegaan vir 'n aand net om bietjie te kuier. Die verblyf was cosy, skoon en netjie...
Sien meer
Aug 2024
Michelle F
Saam met vriende
4.4
Quaint cottage. Footloose is a quaint, pretty cottage near the Vaal Barrage. Petra was super helpful, but never invasive.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Petra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 14 A Lonsdale Road, Loch Vaal, Vanderbijlpark, 1912, Gauteng
  • Gaste dink Footloose Vaal River Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 A Lonsdale Road, Loch Vaal, Vanderbijlpark, 1912, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA070691944439e0e13f6f4e5dad416364a9c80611f20cfa6465848eb783aeb5e75294eb09bb7a8822e05bc12a57f211b18ad6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 14 A Lonsdale Road Loch Vaal 1912 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.745810547399 27.71034902282
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang