Forest Cove
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Main Street, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Forest Cove is in die hartjie van die groen Knysna-woud geleë en bied rustige oornagverblyf waar voëllewe floreer. Dit is langs die Knysna-strandmeer en bied 'n asemrowende uitsig en maklike toegang vir wandelings langs die waterfront.
Gaste kan tussen 2 oopplan-kothuise kies wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Elke kothuis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Verder het elke kothuis 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskassie, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Gaste kan in die sitarea wat 'n TV met Openview-kanale het, ontspan. Gratis WiFi is beskikbaar. Tydens beurtkrag maak hierdie verblyf van 'n kragopwekker gebruik.
Gaste het 'n privaat tuin met buitesitplek en braaigeriewe. Hiér kan gaste met 'n oggendkoffie ontspan en na die voëls luister. Hierdie verblyf is naby Knysna se dorp en die waterfront.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Tine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Main Street, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Forest Cove het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Main Street, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang