Successfully reported
+82

Fouriesburg Country Inn

  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Reitz Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Fouriesburg Country Inn is in 1892 gestig en bied gemaklike verblyf in 'n plattelandse hotel wat in die klein Oos-Vrystaatse dorpie, Fouriesburg geleë is. Die hotel is sowat 10 minute se ry vanaf die Caledonspoort-grenspos na Lesotho wat bekend is vir sy sneeubedekte pieke in die winter. Die hotel se ligging is ideaal vir mense wat lief is vir ski en 4x4.

Verblyf is beskikbaar in 6 luukse kamers en 22 standaardkamers. Die luukse kamers is in die Voesie Maarman-gebou wat in die tuin geleë is, en elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, asook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV en 'n kroegyskassie. Elke standaardkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort en is ingerig met tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV.

Geniet 'n à la carte-ete in ons restaurant en kies 'n bottel wyn van die kelder op die perseel. Etes word bedien in die elegante eetkamer met sy oregondennemeubels, moderne flair en rustieke afwerkings, en die liggies, kerse en die kaggel wat in die wintermaande aangesteek word sorg dat daar 'n knus, gesellige atmosfeer in die eetkamer heers. Elke Sondag bied die hotel 'n oestafel. Gaste kan 'n cappuccino of latte saam met hul ontbyt geniet. Die hotel maak ook voorsiening vir spesiale geleenthede en romantiese etes in die wynkelder kan op versoek gereël word.

Gaste kan verskeie besienswaardighede in die omliggende area geniet soos die Golden Gate Highlands Nasionale Park, die Malutiberge, toere tydens die kersieseisoen, Clarens se bierfees, die Boesmanskrans-staproete naby Fouriesburg, Fouriesburg se kuns en Afriski in Lesotho. Fouriesburg is sowat 246 km van Bloemfontein, 314 km van Johannesburg en 412 km van Durban af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Leoni W
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende diens, rustige atmosfeer! Beste akkommodasie in Fouriesburg! Ek het dit so geniet, dat ek, indien dit moontlik was, langer wou bly!
Okt 2025
Daniel B
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly by Fouriesburg Country Inn. Ons het ons tyd geniet by Fouriesburg Country Inn. Sal vir seker weer terugkeer indien ons ons weer in d...
Sien meer
Jul 2025
Kobus S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Wonderlike huis en omgewing is onbeskryflik mooi. Rustige plaasomgewing omring met groen lande en afgerond met die Drakensberge in die agterg...
Sien meer
Des 2024
Paula H
Gesin met tieners
5.0
Baie gerieflike verblyf. Vriendelike personeel! Heerlike kos! Sal weer kom. Wonderlike tyd gehad! Baie gerieflike kamers. Vriendelike personeel. Heerl...
Sien meer
Jun 2024
Luke K
Besigheidsreis
5.0
Lovely rooms with great facilities. A lovely, cosy place with super friendly hosts. Facilities are clean and neat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 17 Reitz Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Fouriesburg Country Inn het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 960
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 960
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Reitz Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3dcbba2415f3aa5b2eeb0b49a7a248f50a6b8fdfe01262869f08bca8c10345a5a8f5cb599cea95e1ee31a40cb6ba2186468?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 17 Reitz Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.622234389732 28.206009560426

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang