Successfully reported
+82

Fouriesburg Country Inn

  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Reitz Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fouriesburg Country Inn is in 1892 gestig en bied gerieflike verblyf in 'n plattelandse hotel in die klein Oos-Vrystaatse dorpie Fouriesburg. Die hotel is ongeveer 10 minute vanaf die Caledonspoort-grenspos na Lesotho met sy sneeubedekte pieke in die wintermaande. Die ligging is ideaal vir ski en vir 4x4-entoesiaste.

Verblyf word gebied in 6 luukse kamers en 22 standaardkamers. Die luukse kamers is in die Voesie Maarman-gebou in die tuine geleë en elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en is toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV en 'n yskassie. . Elke standaardkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort, en is toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV.

Geniet 'n à la carte-maaltyd in die restaurant, en kies 'n bottel wyn uit die ondergrondse wynkelder. Aandete word bedien in die bekoorlike eetkamer met oorspronklike dennemeubels met 'n moderne flair en 'n rustieke afwerking. Die omgewing met stemmingsligte en kerse skep 'n gesellige gevoel met houtvloere, en 'n kaggel in die winter. Elke Sondag bied die hotel die oestafel van die week aan. Gaste kan 'n cappuccino of latte saam met hul ontbyt geniet. Die hotel maak ook voorsiening vir spesiale geleenthede, en op versoek kan 'n romantiese aandete vir 2 in die wynkelder gereël word.

Gaste kan talle besienswaardighede in die omliggende area verken soos Golden Gate Hoogland Nasionale Park, die Maluti-berge, Cherry Harvest Tours, Clarens-bierfees, die Boesmanskrans-staproete naby Fouriesburg, Fouriesburg-kuns en Afriski in Lesotho. Fouriesburg is ongeveer 246 km vanaf Bloemfontein, 314 km vanaf Johannesburg, en 412 km vanaf Durban.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Leoni W
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende diens, rustige atmosfeer! Beste akkommodasie in Fouriesburg! Ek het dit so geniet, dat ek, indien dit moontlik was, langer wou bly!
Okt 2025
Daniel B
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly by Fouriesburg Country Inn. Ons het ons tyd geniet by Fouriesburg Country Inn. Sal vir seker weer terugkeer indien ons ons weer in d...
Sien meer
Jul 2025
Kobus S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Wonderlike huis en omgewing is onbeskryflik mooi. Rustige plaasomgewing omring met groen lande en afgerond met die Drakensberge in die agterg...
Sien meer
Des 2024
Paula H
Gesin met tieners
5.0
Baie gerieflike verblyf. Vriendelike personeel! Heerlike kos! Sal weer kom. Wonderlike tyd gehad! Baie gerieflike kamers. Vriendelike personeel. Heerl...
Sien meer
Jun 2024
Luke K
Besigheidsreis
5.0
Lovely rooms with great facilities. A lovely, cosy place with super friendly hosts. Facilities are clean and neat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 17 Reitz Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Fouriesburg Country Inn het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 960
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 960
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Reitz Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3dcbba2415f3aa5b2eeb0b49a7a248f50a6b8fdfe01262869f08bca8c10345a5a8f5cb599cea95e1ee31a40cb6ba2186468?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 17 Reitz Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.622234389732 28.206009560426

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang