Successfully reported
+42

Fraai Maraai

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Haarhoff street, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Fraai Maraai is 'n gastehuis in Groblersdal wat gemaklike akkommodasie bied, ideaal vir sakereisigers of individue wat oornagverblyf soek.

Die gastehuis het twee aparte eenhede wat individueel bespreek kan word.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, veilige parkering, 'n braai-area en 'n swembad.

Fraai Maraai 1 is 'n knus slaapkamer met 2 driekwartbeddens. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n TV in die slaapkamer met Netflix en Showmax, sowel as 'n lugversorger. Die kombuis is toegerus met 'n vrieskas, mikrogolfoond en koffiemaakgeriewe. Linne en handdoeke word voorsien.

Fraai Maraai 2 is lekker ruim en bied slaapplek vir 3 mense. Die kamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n TV in die slaapkamer met Netflix en Showmax, asook 'n waaier. Die kombuis is toegerus met 'n vrieskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien. Linne en handdoeke word voorsien.

'n Bababedjie is ook op aanvraag beskikbaar. Gaste het toegang tot WiFi, veilige parkering, braai-area en die swembad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ina B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike plek waar jy tuis voel. Professionele en vriendelike diens. Vriendelike ontvangs.
Okt 2025
John G
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Die verblyf en die kamer was onverbeterlik. Die gasvryheid van Dawid en Marietjie het ons dadelik laat tuisvoel. Baie dankie, ons sal besl...
Sien meer
Sep 2025
Jakkie V
Gesin met tieners
5.0
Warm, tuis en hartlik. Die gasvryheid waarmee ons ontmoet is, het die atmosfeer geskep vir 'n heerlike verblyf. Die ekstra moeite en behulpsaamheid wo...
Sien meer
Sep 2025
Lize B
Gesin met klein kinders
5.0
Dierbare gasheer/vrou. Cosy plekkie, netjies en die gasvrou het ekstra moeite gedoen.
Aug 2025
Mariette D
Gesin met tieners
5.0
Oase in die woestyn. Ons het onlangs Vrydagaand by Fraai Maraai in Groblersdal oornag om die Mpumalanga Skiet Proewe by te woon waarin ons dogter deel...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 34 Haarhoff street, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Gaste dink Fraai Maraai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Haarhoff street, Groblersdal, 0470, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb11e97acf36a020d5fe5b3d75cb333caea5abbacbd5c6efd3f9cda0372a3a33e532843302cb135d31cbdd03d3e0cfc36ecde?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 27 5 1 5 34 Haarhoff street Groblersdal 0470 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.174147819463 29.391299507064

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang