FynBossies
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 37 Central Street, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 150 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
FynBossies is 'n lieflike selfsorg-vakansiehut in die hartjie van Pearly Beach wat net 100 m van die strand af is. Die strand naaste aan die huis is 'n lieflike visvangplek en gaste kan met hul fietse ry op die lang stukke strand wat beskikbaar is.
Dié hut bied gerieflike slaapplek vir 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 'n enkelbed het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n binnebraai en 'n TV. WiFi is nie beskikbaar nie.
Dié spasie het stapeldeure wat uitloop op 'n sonnige patio waar die pragtige fynbos of sterre saans geniet kan word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Inanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 37 Central Street, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink FynBossies het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 37 Central Street, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang