Gonubie Beach Retreat
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Eighteenth Avenue, Gonubie, East London, 5257, Oos-Kaap
- Vanaf R3 450 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Gonubie Beach Retreat is in Gonubie, Oos-Londen geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin net sowat 300 m van die strand af. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en trekpleisters.
Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8. Die hoofslaapkamer, tweede en derde kamers het elk 'n dubbelbed. Die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 3 badkamers waarvan die hoofslaapkamer s'n en suite is.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Die buitedek het 'n groot sambreel en sitplek vir 12 gaste rondom die buitenste tafel.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met 'n Xbox 1, DStv, Netflix en YouTube en Wi-Fi. Daar is 'n tweede TV-kamer met gemakklike rusbanke. Gaste kan tafeltennis in die motorhuis speel.
Daar is ingeboude braaigeriewe in die lapa, met 'n kroeg, pooltafel en veerpyltjiebord. Die swembad het 'n LED-lig.
Veilige parkeerplek is in 'n toesluit-dubbelmotorhuis op die perseel beskikbaar.
Gaste kan gerus hulle troeteldiere saambring mits dit vooraf gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Neil Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 14 Eighteenth Avenue, Gonubie, East London, 5257, Oos-Kaap
- Gaste dink Gonubie Beach Retreat het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Eighteenth Avenue, Gonubie, East London, 5257, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang