Successfully reported
+49

Grace on Four

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Bekker Street, Fauna Park, Polokwane, 0787, Limpopo
  • Vanaf R720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grace on Four bied semi-selfsorgverblyf in Fauna Park, Polokwane. Die gastehuis is in 'n stil en rustige buurt geleë waar gaste kan ontspan en hul gate uit kan geniet. Die huis is naby verskeie winkels, restaurante, geriewe en dienste.

Gaste kan kies uit 5 kamers: 3 van die kamers is en suite. Alle kamers sluit 'n TV met 13 kanale en tee- en koffiemaakgeriewe in. Sekere van die kamers het 'n waaier of lugversorging. Haardroërs kan voorsien word op versoek. Daar is 2 aparte, gemeenskaplike leefareas waar gaste kan ontspan en 'n bietjie hul batterye kan herlaai.

Gedeelde selfsorg-geriewe is beskikbaar vir gaste wat self hul etes wil voorberei. Die geriewe sluit 'n volledig toegeruste kombuis en braaigeriewe in. Indien gaste dit so verkies, kan etes vooraf gereël word teen 'n ekstra koste. Stel asseblief die eienaar in kennis indien jy enige dieetvoorkeure het.

Die perseel het 'n lieflike tuin en speel-area waar gaste op warm somermiddae kan sit en ontspan of heerlik kuier om 'n braai op verfrissende wintersaande. Daar is ook konferensiegeriewe beskikbaar vir ten minste 20 mense. Veilige parkeerplek word voorsien.

Grace on Four is goed geleë ten opsigte van die nuwe Netcare Hospitaal, Savannah Mall, Spar, apteek, wassery, drankwinkel en die Pietersburg Siviele Lughawe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jeanie V
Gesin met tieners
5.0
Ons het baie lekker gebly! Al die geriewe was daar wat ons nodig gehad het. Baie vriendelike en behulpsame diens. Ons sal beslis weer Grace on Four be...
Sien meer
Sep 2025
Johan O
5.0
Vriendelik en gasvry. Heerlike tyd gehad by Grace on Four.
Jun 2025
Sander S
Besigheidsreis
5.0
Lekker gebly en goed uitgerus na lang reis. Gasvrou vriendelik. Perseel mooi en netjies. Veilige en netjiese omgewing. Kamers skoon en voldoende. Goei...
Sien meer
Apr 2025
Nickie N
5.0
Goeie, netjiese verblyf. Vriendelike eienaar. Sal Grace on Four definitief aanbeveel. Ons het heerlik gebly! Dankie!
Sep 2024
Helanie O
Gesin met klein kinders
5.0
Die gesinskamer is baie ruim en daar is lugverkoeling asook 'n waaier. Veilige en stil omgewing, die verblyf was baie netjies met alles wat nodig was.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Burtie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 4 Bekker Street, Fauna Park, Polokwane, 0787, Limpopo
  • Gaste dink Grace on Four het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 720
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 720
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 720
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Bekker Street, Fauna Park, Polokwane, 0787, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5ZjY4OGNiLTkxZDYtNDZhOC04Mjk3LTA3ZTNkYjExZTE3Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 4 Bekker Street Fauna Park 0787 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.911063991019 29.482746273279

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang