Successfully reported
+54

Guesthouse @ 31 Murray

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 7 Feb 2025 tot 31 Des 2025.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 31 Murray Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R998 R899 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Guesthouse @ 31 Murray bied gasteverblyf in Brooklyn, Pretoria. Die gastehuis is ideaal geleë, 700 m van die Universiteit van Pretoria af en naby ander geriewe in die omgewing.

Verblyf by Guesthouse @ 31 Murray bestaan uit 7 gaste-eenhede. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, en 'n kombuisie met basiese geriewe soos 'n yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die gastehuis bied gratis WiFi, wasgoedgeriewe teen 'n addisionele koste en veilige parkeerplek vir voertuie. Daar is nie 'n daaglikse skoonmaakdiens nie, slegs 'n uitklokskoonmaakdiens.

Die perseel is ook ideaal geleë, naby verskeie ambassades, die Universiteit van Pretoria, Unisa, Tuks Groenkloof, Loftus Versfeld-stadion, Hillcrest Boulevard-winkelsentrum, Brooklyn Mall, Advanced Groenkloof Daghospitaal, Life Groenkloof Hospitaal en Harlequins.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 158 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Mari V
Saam met vriende
5.0
Ontspanne en veilig. Baie lekker gebly. Sal net graag 'n waaier wil sien daar.
Sep 2025
Gideon J
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik geslaap. Ons tweede besoek en weereens baie tevrede. Dankie.
Aug 2025
Wilma D
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer boek. Die plek is perfek geleë.
Jun 2025
Nico W
5.0
Huis weg van die huis. Genotvol soos al die vorige kere.
Jun 2025
Frikkie V
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende waarde vir geld. 31 Murray was 'n uitstekende plekkie. Ons het een aand oorgeslaap. Die hele belewenis wat werklik positief. Ek kan hulle ...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jessica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 158

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 31 Murray Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Guesthouse @ 31 Murray het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R998
R 998 R 899
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R998
R 998 R 899
per nag, vir 2 mense
Vanaf R998
R 998 R 899
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 31 Murray Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d7cf22f8c0241f6257f8a370650e5362552c3ac361c1a6f97b3739a902dda9af8be771cabcf064905214d8f82f00bfea818?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R998 nouVanaf R898 per nag, vir 2 mense 158 5 1 5 31 Murray Street Brooklyn 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.761762 28.231582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang