Successfully reported
+43

Hamilton House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 367 Waterside Road, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 080 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hamilton House bied selfsorg-suites in die prentjiemooi dorp Wildernis. Die gastehuis is reg oorkant die Touwsrivier-riviermonding en is die ideale basis vanwaar gaste dié deel van die Tuinroete kan verken.

Verblyf is beskikbaar in 4 suites wat individueel versier is en elk geskik is vir 2 gaste. Die suites het of 'n oopplan-uitleg of 'n aparte slaapkamer en spog elk met 'n en suite-badkamer, goed toegeruste kombuisie waar gaste etes kan kook, 'n leef-area met 'n kaggel en 'n privaat balkon met braaigeriewe en 'n mooi uitsig. Verder het elke suite ook WiFi, 'n elektroniese kluis, lugversorging, 'n slim-TV met 90 DStv-kanale en ander luukshede.

'n Komplimentêre strandsak met handdoeke, japonne en pantoffels word in elke suite voorsien. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike leefarea met 'n eerlikheidskroeg op die eerste verdieping. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Hamilton House is oorkant die Touwsrivier-riviermonding, wat van die strand stroomopwaarts na die waterval lei of al langs die Serpentine tot by Island Lake. Wildernis se middedorp het 'n verskeidenheid restaurante, kroeë en unieke winkels om te ontdek, en dit is naby die suites.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Wendy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 367 Waterside Road, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hamilton House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 080
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 080
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 080
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 367 Waterside Road, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8e383b58b33d36b7ce1cfd14aa822aba8e5883967fe3b9a5d00ccb91654572720e6e5798d7ef27dac303f9d7c5a8269377e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 080 per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 367 Waterside Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9926877 22.579661
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang